Olivier Johannes Henning
 Voorgeslagte |  Nageslagte |  Foto(s)
Genealogiese no.  a2.b7.c8.d8.e3.f4.
Voorname  Olivier Johannes
Van  Henning
Geslag  Manlik
Vader  Leonard Henning
Moeder  Jannetta Sophia Hendrina Susanna Kruger
# ste kind van vader  4
Noemnaam  Olivier (of Olie)
Geboortedatum  1943-12-14
Geboorteplek  Aliwal-Noord
Doopdatum  
Doopplek  
Sterfdatum  
Sterfplek  
Huwelike
No. Naam Datum Plek Nota
1 Charlotte Francina Kleynhans  1968-4-6  Brakpan   
Kinders
No. Naam Geslag Ander ouer Geboortedatum Sterfdatum
1 Hannelie Nicolette Henning Vroulik  Charlotte Francina Kleynhans  1969-5-28  
2 Leonard Henning Manlik  Charlotte Francina Kleynhans  1971-5-22  
Geskiedenis
Hoewel Olivier te Aliwal-Noord gebore is, het hy van vierjarige ouderdom af te Brakpan grootgeword. Van kleins af het hy 'n ingebore vaderlandstrots en patriotisme openbaar. As vyfjarige seuntjie het hy op 'n keer 'n pak slae gekry omdat hy sy Engelse ouma met 'n klip wou gooi, omdat sy met hom in Engels gepraat het. Met die 1953 Algemene Verkiesing, toe hy slegs 10 jaar oud was, help hy die Nasionale Party (NP, of Natte) al by die stemlokaal (sonder dat sy ouers op een of ander manier betrokke is). In daardie dae het die Afrikaners vir die Natte gestem en Engelssprekendes vir die Sappe (VP). Tydens alle daaropvolgende verkiesings dra hy sy deel by. Hy glo dat die saadjie van Afrikaner-nasionalisme van kleinsaf deur sy moeder by hom gekweek is.

Na die 1960 referendum - toe hy slegs 16 jaar oud was - ontvang hy 'n sertifikaat, onderteken deur die latere Eerste Minister en Staatspresident B J Vorster, van die Nasionale Party, vir sy bydrae tot die totstandkoming van 'n Republiek. Hy was 'n aktiewe lid van die Nasionale Jeugbond en het in sy matriek jaar die Jeugbond se nasionale redenaarskompetisie vir Hoërskoolseuns gewen.

Na matriek word hy gekeur vir opleiding by die destydse Leërgimnasium. Hierna word hy gekeur vir Universiteits- en leieropleiding aan die Militêre Akademie - die Fakulteit Krygskunde van die Universiteit van Stellenbosch. Hy voltooi aan die einde van 1966 sy B Mil (B Com) graad en begin werk by die Personeel afdeling van Weermag Hoofkantoor. Gedurende sy loopbaan word hy heelwat rondverplaas tussen Afdelings van die Hoofkantoor, maar nooit uit Pretoria uit nie. Hy voltooi die Vloot se Stafkursus gedurende 1979 en die Gesamentlike Stafkursus (GSK) gedurende 1981 - offisiere wat geidentifiseer word om tot generaalsrang bevorder te word, word genomineer om hierdie kursus by te woon. Gedurende 1986 word Olivier tot die rang van Brigadier bevorder en begin hy op strategiese vlak in die Weermag funksioneer.

Gedurende 1992 begin hy openlik kritiek uitspreek op die NP regering se versuim om doeltreffend te regeer en die oorgangsproses na 'n swart regering te bestuur. Hy doen aansoek om met vervroegde pensioen uit diens te tree. Dit word uiteindelik gedurende 1993 goedgekeur en tree hy na dertig jaar diens af.

Sedert sy troue gedurende 1968 was Olivier betrokke by bykans al die bekende Afrikanerkultuurorganisasies - Voortrekkers, Rapportryers, Junior Rapportryers, Afrikaner Broederbond, FAK, ATKV, Maatskappy vir Europese Immigrasie, Hoogland Aksie. In bykans al hierdie organisasies het hy die plaaslike tak of streek in een of ander bestuurshoedanigheid gedien, hetsy as voorsitter, sekretaris of tesourier. Hy raak ook betrokke by die plaaslike Gemeenskapspolisiëringsforum (Wierdabrug) waar hy as sekretaris dien. Hy dien ook sy kerk, die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika as ouderling.

Na sy aftrede begin hy weer betrokke raak by die politiek. Hy glo vas in die konsep van selfbeskikking vir volkere en sluit by die pasgestigde Vryheidsfront aan. Hy dien die Verwoerdburgstreek as sekretaris en word met die 1995 munisipale verkiesing as VF-lid op die Stadsraad van Verwoerdburg (Centurion) verkies. Met sy verhuising na Theewaterskloof, Villiersdorp gedurende 1997 bedank hy as stadsraadslid, maar bly steeds betrokke by die Vryheidsfront. By sy nuwe tuiste word hy op die provinsiale bestuur van die VF in die Wes-Kaap verkies.

Gedurende 1980 begin Olivier met genealogiese navorsing na die Henning families. Verskeie publikasies oor die Henning families het reeds uit sy pen verskyn. Hy is ook die vader van die Henning Familiebond (waarvan hy die Bondsekretaris is), die Henning uitstalling in die Aliwal-Noord museum, die Henning webwerf op Internet en die CD oor die Henning families.
Olivier se eggenote, Charlotte, studeer aan die Goudstad Onderwyskollege, maar het nooit skoolgehou nie. Hulle is getroud voordat sy enige pos kon aanvaar. Aanvanklik maak sy kinders groot, maar werk later vir 23 jaar lank in 'n deeltydse hoedanigheid (half dag) vir die SA Weermag.
Voorgeslagte
/¯¯ Olivier Johannes Gerhardus Cornelis Henning
/¯¯ Olivier Johannes Henning
\__ Cornelia Susanna Kotze
/¯¯ Leonard Henning
/¯¯ Arthur Beeton
\__ Magdalena Maria Daisy Beeton
\__ Wilhelmina Margaretha Vos
Olivier Johannes Henning
/¯¯ Michiel Andries Aucamp Kruger
/¯¯ Stephanus Rudolf Kruger
\__ Jeanetta Sophia Hendrina Susanna Kruger
\__ Jannetta Sophia Hendrina Susanna Kruger
/¯¯ Godlieb Rudolf Bester
\__ Petronella Wilhelmina Scharlotina Bester
\__ Elizabeth Johanna Van Heerden
V = Vader  |  M = Moeder
Nageslagte
Olivier Johannes Henning a2.b7.c8.d8.e3.f4.
    Hannelie Nicolette Henning  a2.b7.c8.d8.e3.f4.g1.
        Esra Louis Swanepoel  
        Esté Swanepoel  
        Olivier George Leonard Swanepoel  
    Leonard Henning  a2.b7.c8.d8.e3.f4.g2.
        Lenélle Henning  a2.b7.c8.d8.e3.f4.g2.h1.
        Heinrich Johannes Henning  a2.b7.c8.d8.e3.f4.g2.h2.
Fotos

b7.c8.d8.e3. Leonard Henning en sy gesin. Voor v.l.n.r. Leonetta (getroud Steyn) f1 * 1936, vader Leonard * 1908, sy eggenote Janetta Sophia Hendrina Susanna (nooi Kruger) * 1911, Olivier Johannes f4 * 1943. Agter v.l.n.r Stephanus Rudolf Kruger f5 * 1946, Wilhelmina (getroud Wilkinson) f3 * 1941 en Sylvia Daisy f6 (getroud Grobler) * 1948
Beskou lys van mense op foto


b7.c8.d8.e3. Leonard Henning * 1908 en al sy kinders en klein kinders. Voor v.l.n.r Stephanus Rudolf Henning f5.g1. * 1972, Corne Grobler s.v f6, Leonard Henning f4.g2. * 1971, Alet Grobler d.v. f6, Ninette Grobler d.v. f6, Cornelia Nicolina Henning f5.g2. * 1975. Middelste ry v.l.n.r. Charlotte (gebore Kleynhans) vrou van f4, Leonetta Henning (getroud Steyn) f1 * 1936, oupa Leonard Henning, sy derde eggenote - Elsie Johanna Evert * 1922, Wilhelmina Henning (getroud Wilkinson) f3 * 1941, Aubrey Wilkinson man van f3 * 1938. Agter v.l.n.r. Janetta Steyn d.v. f1. , Hannelie Nicolette Henning (getroud Swanepoel) f4.g1. * 1969, Olivier Johannes Henning f4 * 1943, Stephanus Rudolf Kruger Henning f5 * 1946, Hester Cornelia (gebore Kleynhans) vrou van f5 * 1950, Sylvia Daisy Henning (getroud Grobler) f6 * 1948, Gert Cornelius Marthinus Grobler man van f6 * 1949, Nerina Wilkinson d.v f3, Graig Wilkinson s.v. f3.
Beskou lys van mense op foto


Nasate van Nicolaas Jacobus Kleynhans en sy eggenote Johanna Nickolina Struwig ouers van Charlotte Francina - en Cornelia Nicolina Kleynhans, eggenotes van b7.c8.d8.e3.f4. Olivier Hohannes - en Stephanus Rudolf Kruger Henning (f5). Voor v.l.n.r moeder Johanna Nickolina Struwig; Chantélle Ainslie, eggenote van Leonard Henning; Rita Kleynhans; b7.c8.d8.e3.f5.g1. Stephanus Rudolf Henning * 1972 en sy eggenote Hendrina Helena Slabbert; b7.c8.d8.e3.f4.g1. Hannelie Nicolette Henning; Charlotte Kleynhans, eggenote van Olivier Henning; Hester Cornelia Kleynhans, eggenote van Stephanus Rudolf Kruger Henning; Hannie Keynhans, b7.c8.d8.e3.f5.g2. Cornelia Nicolina Henning. Agter v.l.n.r. b7.c8.d8.e3.f4.g2. Leonard Henning; Dirk Marits eggenote van Rita Kleynhans; Esra Swanepoel, eggenote van Hannelie Nicolette (links agter haar); b7.c8.d8.e3.f4. Olivier Johannes Henning; b7.c8.d8.e3.f5 Stephanus Rudolf Kruger Henning; Die foto is geneem op die huwelik van Stephanus Rudolf Henning en sy bruid Hendrina Helena Slabbert op 16 Des 1995.
Beskou lys van mense op foto


Ses lede van die eerste bestuur van die Peter Henrich Henning Familiebond toe dit op 21 Julie 1984 gestig is. Voor: b9.c3.d3.e3.f4.g2.h2. Nicolaas Gideon Christiaan Henning * 11-2-1949 en b7.c8.d5.e10.f6. Elizabeth (Liza) Brümmer (gebore Henning) * 6-7-1948. Agter v.l.n.r. b7.c8.d8.e3.f4. Olivier Johannes Henning * 14-12-1943, b5.c1.d3.e1.f7.g1. Jan Andries Henning * 1-4-1929, b1.c3.d2.e2.f2.g1. Jan Hendrik Henning * 3-2- 1922, b1.c3.d7.e9.f1.g2. Nicolaas Johannes Henning*1-10-1942
Beskou lys van mense op foto


Die tweede bestuur van die Peter Henrich Henning Familiebond v.l.n.r. b7.c8.d8.e3.f4. Olivier Johannes Henning, b1.c3.d7.e9.f1.g2. Nicolaas Johannes Henning, b5.c1.d3.e1.f7.g1. Jan Andries Henning, b1.c3.d2.e2.f2.g1. Jan Hendrik Henning, b7.c1.d10.e3.f5.g1. Leonard Henry Henning, b7.c2.d3.e5.f2.g3. Pieter Emile Henning, b6.c4.d1.e5.f9.g6. Mauritz Martin Henning, b1.c8.d6.e8.f1.g3. Jozef Hendrick Henning
Beskou lys van mense op foto


Die derde bestuur van die Peter Henrich Henning Familiebond. Voor v.l.n.r. b7.c8.d8.e3.f4. Olivier Johannes Henning, b5.c1.d3.e1.f7.g1. Jan Andries Henning, b1.c3.d2.e2.f2.g1. Jan Hendrik Henning en b1.c3.d7.e9.f1.g2. Nicolaas Johannes Henning.Agter v.l.n.r. b6.c4.d1.e5.f9.g6. Mauritz Martin Henning, b7.c2.d3.e5.f2.g3. Pieter Emile Henning, b1.c3.d10.e10.f4.g2. Pieter Henning en b1.c8. d6.e8.f1.g3. Jozef Hendrick Henning
Beskou lys van mense op foto


Die vierde bestuur van die Peter Henrich Henning Familiebond, v.l.n.r. b1.c3.d7.e9.f1.g2.Nicolaas Johannes Henning, b7.c8.d8.e3.f4. Olivier Johannes Henning, b7.c2.d3.e5.f2.g3. Pieter Emile Henning, b7.c1.d10.e3.f5.g1. Leonard Henry Henning, b1.c8.d6.e8.f1.g3. Jozef Hendrick Henning, b1.c3.d2.e2.f2.g1. Jan Hendrik Henning, b6.c3.d9.e4.f1.g1.h2. Johannes Christiaan (John) Henning, Simon Sauer van Straaten (M/v b7.c8.d8.e5.f5.)
Beskou lys van mense op foto


Die vyfde bestuur van die Peter Henrich Henning Familiebond. Voor v.l.n.r. b7.c2.d3.e5.f2.g3. Pieter Emile Henning, b7.c1.d10.e3.f5.g1. Leonard Henry Henning, b7.c8.d8.e3.f4. Olivier Johannes Henning, b1.c8.d6.e8.f1.g3. Jozef Hendrick Henning.Agter v.l.n.r. b1.c3.d10.e10.f4.g2. Pieter Henning, Simon Sauer van Straaten (M/v b7.c8.d8.e5.f5.), b6.c3.d9.e4.f1.g1.h2. Johannes Christiaan (John) Henning b1.c3.d2.e2.f2.g1. Jan Hendrik HenningHeel agter: b1.c3.d7.e9.f1.g2. Nicolaas Johannes Henning
Beskou lys van mense op foto


Die sesde (en eerste Wes-Kaapse) bestuur van die Peter Henrich Henning Familiebond soos verkies op 24 September 1998. Voor v.l.n.r. b7.c8.d8.e3.f3. Wilhelmina Wilkinson (gebore Henning), b7.c8.d8.e1.f5. Gideon Stephanus Henning, b7.c8.d8.e3.f4. Olivier Johannes Henning, b6.c1.d3.e5.f3.g5.h4. Maria Cornelia Elizabeth Henning.Agter v.l.n.r. b7.c8.d8.e1.f5.g3. Bernardus Henning, b6.c1.d3.e5.f3.g4.h7. Jan Hendrik Henning, b7.c8.d8.e3.f5.g1. Stephanus Rudolf Henning, b7.c8.d8.e3.f5. Stephanus Rudolf Kruger Henning
Beskou lys van mense op foto


Vier Olivier's Henning v.l.n.r. b7.c8.d5.e1.f1.g3. Olivier Johannes Henning * 2-5-1956, b7.c8.d8.e1.f2. Olivier Henning * 2-12-1930, b7.c8.d8.e3.f4. Olivier Johannes Henning * 14-12-1943 en b7.c8.d8.e1.f2.g5. Olivier Henning * 25-11-1971
Beskou lys van mense op foto


b7.c8.d8.e3.f4. Olivier Johannes Henning * 14-12-1943
Beskou lys van mense op foto


b7.c8.d8.e3.f4. Olivier Johannes Henning *14-12-1943 en familie. Agter v.l.n.r. Esra Swanepoel en Hannelie Nicolette Swanepoel (gebore Henning) * 28-5-1969 (g1), Chantelle Henning (gebore Ainslie) en Leonard Henning * 22-5-1971 (g2).Voor: Olivier Johannes Henning * 14-12-1943, Lenélle Henning * 23-1-1998 (g2.h1), Esra Louis Swanepoel * 4-5-1997, Esté Swanepoel * 1-6-1999, Charlotte Francina Henning (gebore Kleynhans) * 25-6-1948
Beskou lys van mense op foto