Leonard Henning
 Voorgeslagte |  Nageslagte |  Foto(s)
Genealogiese no.  a2.b7.c8.d8.e3.
Voorname  Leonard
Van  Henning
Geslag  Manlik
Vader  Olivier Johannes Henning
Moeder  Magdalena Maria Daisy Beeton
# ste kind van vader  3
Noemnaam  Len of Oupa Daddie vir sy kleinkinders
Geboortedatum  1908-7-24
Geboorteplek  Damfontein, Aliwal-Noord
Doopdatum  
Doopplek  
Sterfdatum  2001-7-22
Sterfplek  Brakpan
Huwelike
No. Naam Datum Plek Nota
1 Jannetta Sophia Hendrina Susanna Kruger  1935-4-29  Burgersdorp  sterf 1977
2 Joan Murphy  1978-10-7  Brakpan  sterf 1980
3 Elsie Johanna Evert  1981-7-13  Brakpan  sterf 2015
Kinders
No. Naam Geslag Ander ouer Geboortedatum Sterfdatum
1 Leonetta Henning Vroulik  Jannetta Sophia Hendrina Susanna Kruger  1936-12-10  
2 Nerina Henning Vroulik  Jannetta Sophia Hendrina Susanna Kruger  1939-12-10  1940
3 Wilhelmina Henning Vroulik  Jannetta Sophia Hendrina Susanna Kruger  1941-4-6  
4 Olivier Johannes Henning Manlik  Jannetta Sophia Hendrina Susanna Kruger  1943-12-14  
5 Stephanus Rudolf Kruger Henning Manlik  Jannetta Sophia Hendrina Susanna Kruger  1946-5-1  2020-6-18
6 Sylvia Daisy Henning Vroulik  Jannetta Sophia Hendrina Susanna Kruger  1948-8-29  
Geskiedenis
Leonard (Len) Henning, vader van die skrywer van hierdie boek, boer aanvanklik saam met sy twee broers op die familieplaas, Damfontein, distrik Aliwal-Noord. Gedurende die groot en vernietigende droogte van 1933, is hy en sy jonger broer, Vincent (Bill) verplig om hulle waens te pak en na ander weivelde vir hulle vee te gaan soek, want, behalwe vir die droogte, het dit duidelik geword dat drie boere op een plaas net eenvoudig nie uitwerk nie. Hulle trek na die Maclear omgewing. Nadat die droogte gebreek is, keer hy terug na Aliwal-Noord en trou kort hierna met die nooientjie Nettie Kruger. Hulle huwelik word voltrek deur Ds Dirk Postma in die Gereformeerde Kerk, Burgersdorp. Wat interessant is, is dat Nettie se ouma, wie se name sy gekry het, deur hierdie Ds Dirk Postma se oupa, wie se name hy gekry het (die eerste Prof Dirk Postma) in die huwelik bevestig is.

Nettie Henning se voorsate was die volgende: Haar ouers was Stephanus Rudolf Kruger en Petronella Wilhelmina Scharlotina Bester, haar grootouers was Michiel Andries Aucamp Kruger * 4-1-1858 en sy vrou Jeanetta Sophia Hendriena Susanna Kruger * 29-7-1859 en Godlieb Rudolf Bester * Aug 1855 en sy vrou Elizabeth Johanna Van Heerden * 29-3-1864. Nettie was 'n volbloed Kruger, want as na haar voorsate gekyk word, was haar oupa en ouma Krugers en die ouma Kruger se pa en ma was ook gebore Krugers. Sy was ook 'n nasaat van Tjaart van der Walt, beroemde Kommandant en Verdedigingshoof van die Swellendamse Republiek, wat gedurende die derde Xhosa-oorlog van 1802 gesneuwel het.

Die egpaar vestig hulle na hulle troue op Uitenhage, waar Len op die Spoorweë werk en later op Indwe, waar hy vir Goedhals Botha boer. Gedurende 1942 keer hulle terug na Aliwal-Noord, waar hy die plaas Caledonia, 'n buurplaas van Damfontein, koop. Die plaas was egter nie groot genoeg om 'n bestaan op te maak nie. Die oorlogsjare en die droogte daarna bring mee dat hulle skuldlas al groter word. Teen 1947, toe hulle oudste dogter skool toe moes gaan, besluit hulle om ook Transvaal toe te trek. Hy kry werk op die goudmyne aan die Oosrand as 'n skrynwerker, en hulle vestig hulle op Brakpan.

Hy het helder blou oë en ligte hare gehad en was lank en skraal. Hy het op 85 jarige ouderdom vir die eerste keer in sy lewe so siek geword dat hy gehospitaliseer moes word. In sy tagtiger jare het hy ook sy gehoor begin verloor - tot so 'n mate dat hy later heeltemal hardhorend was. Na sy aftrede met pensioen het hy homself met die maak van pragtige en stewige meubels, wat alles erfstukke sal word, besig gehou. Tot en met sy dood het hy ses dae per week 'n volle werkdag se werk gedoen. C J Langenhoven se wens in sy werk "Ons weg deur die wêreld" wat as volg lui, was in alle opsigte op hom van toepassing: "As ek die begeerte mog waag, sou ek dit graag so wil hê dat die engel wat my kom haal huis toe, my daar bring met die verslag: "Ek het hom by sy werk gekry.
Oupa Len sterf twee dae voordat hy 93 sou word. Weens die baie houtstof wat hy met sy werkery oor jare ingeasem het, het sy longe heeltemal verhard en het hy emfiseem opgedoen. Dit het veroorsaak dat hy in die winters maklik griep/ bronchitis opgedoen het. 'n Dag voor hy in die hospitaal opgeneem is, het hy sy laaste skinkbord vervaardig - dit moes nog net vernis word.
Voorgeslagte
/¯¯ Gert Frans Henning
/¯¯ Olivier Johannes Gerhardus Cornelis Henning
\__ Gerbreg Leviena Olivier
/¯¯ Olivier Johannes Henning
/¯¯ Jan Kotze
\__ Cornelia Susanna Kotze
\__ Martha Johanna Elizabeth Riekert
Leonard Henning
/¯¯ Thomas Beeton
/¯¯ Arthur Beeton
\__ Eliza Barker
\__ Magdalena Maria Daisy Beeton
/¯¯ Jacobus Johannes Vos
\__ Wilhelmina Margaretha Vos
\__ Magdalena Maria Wolhuter
V = Vader  |  M = Moeder
Nageslagte
Leonard Henning a2.b7.c8.d8.e3.
    Leonetta Henning  a2.b7.c8.d8.e3.f1.
        Jannetta Sophia Steyn  
    Nerina Henning  a2.b7.c8.d8.e3.f2.
    Wilhelmina Henning  a2.b7.c8.d8.e3.f3.
        Craig Aubrey Wilkinson  
        Nerina Wilkinson  
    Olivier Johannes Henning  a2.b7.c8.d8.e3.f4.
        Hannelie Nicolette Henning  a2.b7.c8.d8.e3.f4.g1.
        Leonard Henning  a2.b7.c8.d8.e3.f4.g2.
    Stephanus Rudolf Kruger Henning  a2.b7.c8.d8.e3.f5.
        Stephanus Rudolf Henning  a2.b7.c8.d8.e3.f5.g1.
        Cornelia Nicolina Henning  a2.b7.c8.d8.e3.f5.g2.
    Sylvia Daisy Henning  a2.b7.c8.d8.e3.f6.
        Cornelis Floris Johannes Grobler  
        Nenette Grobler  
        Alette Grobler  
Fotos

Maria Magdalena Daisy Henning (gebore Beeton) * 5-1-1877, vrou van b7.c8.d8. Olivier Johannes Henning en haar kinders. Voor v.l.n.r.: Daphne (getroud Harker) * 7-4-1918, Mona (getroud Twigg) * 18-8-1910, Dina Margaretha Jacoba (gebore Greyling) v/v Stanley (e1), moeder Daisy, Enid (getroud Jacobs) * 18-6-1906, Gladys (getroud Truter) * 26-6-1913 en Rubina Theunissa (gebore Naude) v/v Vincent (e5). Agter v.l.n.r: Stanley * 26-1-1904, Leonard * 24-7-1908 en sy vrou Jannetta Sophia H S (gebore Kruger), Barend Jacobus Jacobs *17-6-1896 (M/v Enid), Vincent * 12-9-1911
Beskou lys van mense op foto


b7.c8.d8.e3 Leonard Henning * 24-7-1908 en sy eggenote Jannetta Sophia Hendriena Susanna (gebore Kruger) * 10-5-1911.
Beskou lys van mense op foto


b7.c8.d8.e3. Leonard Henning en sy gesin. Voor v.l.n.r. Leonetta (getroud Steyn) f1 * 1936, vader Leonard * 1908, sy eggenote Janetta Sophia Hendrina Susanna (nooi Kruger) * 1911, Olivier Johannes f4 * 1943. Agter v.l.n.r Stephanus Rudolf Kruger f5 * 1946, Wilhelmina (getroud Wilkinson) f3 * 1941 en Sylvia Daisy f6 (getroud Grobler) * 1948
Beskou lys van mense op foto


b7.c8.d8.e3. Leonard Henning * 1908 en al sy kinders en klein kinders. Voor v.l.n.r Stephanus Rudolf Henning f5.g1. * 1972, Corne Grobler s.v f6, Leonard Henning f4.g2. * 1971, Alet Grobler d.v. f6, Ninette Grobler d.v. f6, Cornelia Nicolina Henning f5.g2. * 1975. Middelste ry v.l.n.r. Charlotte (gebore Kleynhans) vrou van f4, Leonetta Henning (getroud Steyn) f1 * 1936, oupa Leonard Henning, sy derde eggenote - Elsie Johanna Evert * 1922, Wilhelmina Henning (getroud Wilkinson) f3 * 1941, Aubrey Wilkinson man van f3 * 1938. Agter v.l.n.r. Janetta Steyn d.v. f1. , Hannelie Nicolette Henning (getroud Swanepoel) f4.g1. * 1969, Olivier Johannes Henning f4 * 1943, Stephanus Rudolf Kruger Henning f5 * 1946, Hester Cornelia (gebore Kleynhans) vrou van f5 * 1950, Sylvia Daisy Henning (getroud Grobler) f6 * 1948, Gert Cornelius Marthinus Grobler man van f6 * 1949, Nerina Wilkinson d.v f3, Graig Wilkinson s.v. f3.
Beskou lys van mense op foto


Oom Len Henning saam met sy enigste oorlewende broer en suster op sy negentigste verjaardag. V.l.n.r. b7.c8.d8.e8. Daphne Harker (gebore Henning) * 7-4-1918, b7.c8.d8.e5. Vincent (Bill) Henning * 12-9-1911 en b7.c8.d8.e3. Leonard Henning * 24-7-1908
Beskou lys van mense op foto


‘n Foto geneem op 26 Januarie 1974 met die sewentigste verjaardag van b7.c8.d8.e1. Stanley Henning * 26-1-1904 van hom en sy vrou saam met sy broers en susters. Slegs sy suster Mona * 18-8-1910 (e4) en haar man, wat op daardie stadium in Mufulira, Zambië gewoon het, kon nie bywoon nie. Sittende: Nettie Henning, V/v Leonard (e3), Stanley (e1) en sy vrou Dienie. Staande, v.l.n.r. Vincent (Bill) (e5) en sy vrou Rubina; Gladys (e6) en haar man Giel Truter; Leonard (e3); Bêrend Jacobs en sy vrou Enid (e2) en Daphne (getroud Harker) (e8)
Beskou lys van mense op foto