Gladys Henning
 Voorgeslagte |  Nageslagte |  Foto(s)
Genealogiese no.  a2.b7.c8.d8.e6.
Voorname  Gladys
Van  Henning
Geslag  Vroulik
Vader  Olivier Johannes Henning
Moeder  Magdalena Maria Daisy Beeton
# ste kind van vader  6
Noemnaam  Gladys
Geboortedatum  1913-6-26
Geboorteplek  Damfontein, Aliwal-Noord
Doopdatum  
Doopplek  
Sterfdatum  1996-7-12
Sterfplek  Aliwal-Noord
Huwelike
No. Naam Datum Plek Nota
1 Machiel Christiaan Jacobsz Truter  1930-6-30  Aliwal-Noord  sterf 1984
Kinders
No. Naam Geslag Ander ouer Geboortedatum Sterfdatum
1 Theodore Charles Truter Manlik  Machiel Christiaan Jacobsz Truter  1932-8-3  
Geskiedenis
Gladys word groot op die Henning familieplaas, Damfontein, in die Aliwal-Noord distrik. Sy was nog baie klein toe sy al geleer het om perd te ry en moes dikwels kos te perd neem na die lande, waar daar geploeg of geoes word. Op ’n dag, terwyl sy op ’n donkie gery het, sien sy hul buurman, Giel Truter, te perd aangery kom. Nadat hy haar ingehaal het en hulle ’n ruk lank saam gery het, het hy haar gevra om met hom te trou. Hoewel stomgeslaan van verbasing, het sy ingestem en is hulle op 30 Junie 1930 getroud onder die lemoenbome op Damfontein. Uit hulle huwelik is een seun, Theo, gebore.
Gladys, was haar lewe lank ’n baie kunstige en vlytige persoon, wat nooit ’n minuut lank ledig gesit het nie. Haar hande het vir niks verkeerd gestaan nie. Afgesien van die maak van pragtige fyn ornamente, naaldwerk en voedselvoorbereiding, was sy bedrewe met die herstel van hul motor en houtwerk. Sy het pragtige ingeboude kaste gebou en selfs alle instandhoudingswerk in hul kerkgebou behartig.
Voorgeslagte
/¯¯ Gert Frans Henning
/¯¯ Olivier Johannes Gerhardus Cornelis Henning
\__ Gerbreg Leviena Olivier
/¯¯ Olivier Johannes Henning
/¯¯ Jan Kotze
\__ Cornelia Susanna Kotze
\__ Martha Johanna Elizabeth Riekert
Gladys Henning
/¯¯ Thomas Beeton
/¯¯ Arthur Beeton
\__ Eliza Barker
\__ Magdalena Maria Daisy Beeton
/¯¯ Jacobus Johannes Vos
\__ Wilhelmina Margaretha Vos
\__ Magdalena Maria Wolhuter
V = Vader  |  M = Moeder
Nageslagte
Gladys Henning a2.b7.c8.d8.e6.
    Theodore Charles Truter  
Fotos

Maria Magdalena Daisy Henning (gebore Beeton) * 5-1-1877, vrou van b7.c8.d8. Olivier Johannes Henning en haar kinders. Voor v.l.n.r.: Daphne (getroud Harker) * 7-4-1918, Mona (getroud Twigg) * 18-8-1910, Dina Margaretha Jacoba (gebore Greyling) v/v Stanley (e1), moeder Daisy, Enid (getroud Jacobs) * 18-6-1906, Gladys (getroud Truter) * 26-6-1913 en Rubina Theunissa (gebore Naude) v/v Vincent (e5). Agter v.l.n.r: Stanley * 26-1-1904, Leonard * 24-7-1908 en sy vrou Jannetta Sophia H S (gebore Kruger), Barend Jacobus Jacobs *17-6-1896 (M/v Enid), Vincent * 12-9-1911
Beskou lys van mense op foto


b7.c8.d8.e6. Gladys Henning * 26-6-1913 en haar man Machiel Christiaan Jacobsz Truter * 7-12-1898 op hul troudag, 30-6-1930
Beskou lys van mense op foto


‘n Foto geneem op 26 Januarie 1974 met die sewentigste verjaardag van b7.c8.d8.e1. Stanley Henning * 26-1-1904 van hom en sy vrou saam met sy broers en susters. Slegs sy suster Mona * 18-8-1910 (e4) en haar man, wat op daardie stadium in Mufulira, Zambië gewoon het, kon nie bywoon nie. Sittende: Nettie Henning, V/v Leonard (e3), Stanley (e1) en sy vrou Dienie. Staande, v.l.n.r. Vincent (Bill) (e5) en sy vrou Rubina; Gladys (e6) en haar man Giel Truter; Leonard (e3); Bêrend Jacobs en sy vrou Enid (e2) en Daphne (getroud Harker) (e8)
Beskou lys van mense op foto


b7.c8.d8.e6. Gladys Truter (gebore Henning) * 26-6-1913, haar man Machiel Christiaan Jacobsz Truter * 7-12-1898 en hul seun Theo
Beskou lys van mense op foto