Vincent Henning
 Voorgeslagte |  Nageslagte |  Foto(s)
Genealogiese no.  a2.b7.c8.d8.e5.
Voorname  Vincent
Van  Henning
Geslag  Manlik
Vader  Olivier Johannes Henning
Moeder  Magdalena Maria Daisy Beeton
# ste kind van vader  5
Noemnaam  Bill
Geboortedatum  1911-9-12
Geboorteplek  Damfontein, Aliwal-Noord
Doopdatum  
Doopplek  
Sterfdatum  2004-11-21
Sterfplek  Maclear
Huwelike
No. Naam Datum Plek Nota
1 Rubina Theunissa Naudé  1947-7-22  Rhodes  sterf 1984
Kinders
No. Naam Geslag Ander ouer Geboortedatum Sterfdatum
1 Melodie Maria Henning Vroulik  Rubina Theunissa Naudé  1948-4-22  2007-9-17
2 Olivier Johannes Henning Manlik  Rubina Theunissa Naudé  1950-3-22  1971-1-27
3 Pieter Naude Henning Manlik  Rubina Theunissa Naudé  1957-11-4  
4 Memory Daisy Henning Vroulik  Rubina Theunissa Naudé  1960-1-11  2007-4-27
5 Rubina Theunissa Henning Vroulik  Rubina Theunissa Naudé  1961-8-22  
Geskiedenis
Hy het as Bill bekend gestaan en boer aanvanklik saam met sy ouer broers op die ou familieplaas Damfontein. Met die groot droogte van 1933 is hy en sy broer Leonard verplig om weg te trek. Hy vestig hom op die plaas Kerkplaas in die Pitsing gedeelte van die Maclear distrik, en trou eers op 36 jarige leeftyd met die nooientjie Rubina Naude. Hy het ’n sprankelende en mooi persoonlikheid gehad. As gevolg hiervan en sy sin vir humor was hy by almal wat hom geken het, besonder gewild.
Op Kerkplaas het Bill gemengde boerdery, met die klem op skape bedryf. Wat interessant omtrent hierdie Henning gesin is, is die feit dat hul plaas baie ver vanaf die naaste dorp, Maclear was. As gevolg hiervan was hulle plaas die middelpunt van alle aktiwiteite in die Pitsing. Die poskantoor was op hulle plaas - Rubina was die posmeester; die enigste petrolpomp binne ’n 80 km radius, was op hulle plaas - Bill was die pompjoggie, en aangesien daardie omgewing tot vandag toe nie oor elektrisiteit beskik nie, was die petrolpomp nog van die tipe wat met die hand gepomp moes word; die skool - vanaf Sub A (graad 1) tot St 6 (graad 8) - was op hulle plaas en as gevolg van die leerlingtal - nooit meer as twaalf kinders, waarvan 5 Henninkies - was daar slegs een leermeester, Rubina Henning. Toe die klomp Henninkies die skool verlaat, moes die skool sluit omdat daar nie genoeg kinders oorgebly het nie.
Gedurende 1982 word die Pitsing by die Transkei ingelyf en Kerkplaas word deur die Staat uitgekoop. Bill koop ’n ander plaas, Oakleigh, nader aan Maclear waar hy tot en met 1994 woon. Hierna trek hy dorp toe as gevolg van sy ouderdom, die feit dat hy man alleen op die plaas moes woon en die gevare van strooptogte vanuit die Transkei.
Voorgeslagte
/¯¯ Gert Frans Henning
/¯¯ Olivier Johannes Gerhardus Cornelis Henning
\__ Gerbreg Leviena Olivier
/¯¯ Olivier Johannes Henning
/¯¯ Jan Kotze
\__ Cornelia Susanna Kotze
\__ Martha Johanna Elizabeth Riekert
Vincent Henning
/¯¯ Thomas Beeton
/¯¯ Arthur Beeton
\__ Eliza Barker
\__ Magdalena Maria Daisy Beeton
/¯¯ Jacobus Johannes Vos
\__ Wilhelmina Margaretha Vos
\__ Magdalena Maria Wolhuter
V = Vader  |  M = Moeder
Nageslagte
Vincent Henning a2.b7.c8.d8.e5.
    Melodie Maria Henning  a2.b7.c8.d8.e5.f1.
    Olivier Johannes Henning  a2.b7.c8.d8.e5.f2.
    Pieter Naude Henning  a2.b7.c8.d8.e5.f3.
        Ineke Henning  a2.b7.c8.d8.e5.f3.g1.
        Amri Henning  a2.b7.c8.d8.e5.f3.g2.
        Elrike Henning  a2.b7.c8.d8.e5.f3.g3.
    Memory Daisy Henning  a2.b7.c8.d8.e5.f4.
        Stefan Wagenaar  
    Rubina Theunissa Henning  a2.b7.c8.d8.e5.f5.
        Estie Van Straaten  
        Runé Van Straaten  
Fotos

Maria Magdalena Daisy Henning (gebore Beeton) * 5-1-1877, vrou van b7.c8.d8. Olivier Johannes Henning en haar kinders. Voor v.l.n.r.: Daphne (getroud Harker) * 7-4-1918, Mona (getroud Twigg) * 18-8-1910, Dina Margaretha Jacoba (gebore Greyling) v/v Stanley (e1), moeder Daisy, Enid (getroud Jacobs) * 18-6-1906, Gladys (getroud Truter) * 26-6-1913 en Rubina Theunissa (gebore Naude) v/v Vincent (e5). Agter v.l.n.r: Stanley * 26-1-1904, Leonard * 24-7-1908 en sy vrou Jannetta Sophia H S (gebore Kruger), Barend Jacobus Jacobs *17-6-1896 (M/v Enid), Vincent * 12-9-1911
Beskou lys van mense op foto


Oom Len Henning saam met sy enigste oorlewende broer en suster op sy negentigste verjaardag. V.l.n.r. b7.c8.d8.e8. Daphne Harker (gebore Henning) * 7-4-1918, b7.c8.d8.e5. Vincent (Bill) Henning * 12-9-1911 en b7.c8.d8.e3. Leonard Henning * 24-7-1908
Beskou lys van mense op foto


b7.c8.d8.e5. Vincent (Bill) Henning *12-9-1911 saam met sy dogter Melody Maria Buitendag (gebore Henning) * 22-4-1948 (f1) en haar man Louis Johannes Buitendag en hul dogter
Beskou lys van mense op foto


b7.c8.d8.e5.Vincent (Bill) Henning * 12-9-1911 met sy seun Pieter Naude Henning * 4-11-1957 (f3), sy vrou Ingrid (gebore Kapp) * 27-12-1959 en hul dogters v.l.n.r. Amri * 9-5-1988 (g2), Elriké * 2-2-1991 (g3) en Ineke *22-10-1984 (g1)
Beskou lys van mense op foto


b7.c8.d8.e5. Vincent (Bill) Henning * 12-9-1911 met sy dogter Memory Daisy Wagenaar (gebore Henning) * 4-11-1960 (f4), haar man Noël Wagenaar * 25-12-1956 en hul seun Stefan
Beskou lys van mense op foto


b7.c8.d8.e5. Vincent (Bill) Henning *12-9-1911 met sy jongste dogter Rubina Theunissa van Straaten (gebore Henning) * 22-8-1961, haar man Simon Sauer van Straaten * 21-11-1960 en hul dogters Esti * 27-9-1990 en Runé * 13-11-1993
Beskou lys van mense op foto


b7.c8.d8.e5. Vincent (Bill) Henning * 12-9-1911 gedurende Desember 1938 in tradisionele Voortrekkerdrag, tydens die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument, Pretoria
Beskou lys van mense op foto


‘n Foto geneem op 26 Januarie 1974 met die sewentigste verjaardag van b7.c8.d8.e1. Stanley Henning * 26-1-1904 van hom en sy vrou saam met sy broers en susters. Slegs sy suster Mona * 18-8-1910 (e4) en haar man, wat op daardie stadium in Mufulira, Zambië gewoon het, kon nie bywoon nie. Sittende: Nettie Henning, V/v Leonard (e3), Stanley (e1) en sy vrou Dienie. Staande, v.l.n.r. Vincent (Bill) (e5) en sy vrou Rubina; Gladys (e6) en haar man Giel Truter; Leonard (e3); Bêrend Jacobs en sy vrou Enid (e2) en Daphne (getroud Harker) (e8)
Beskou lys van mense op foto