Olivier Johannes Henning
 Voorgeslagte |  Nageslagte |  Foto(s)
Genealogiese no.  a2.b7.c8.d8.
Voorname  Olivier Johannes
Van  Henning
Geslag  Manlik
Vader  Olivier Johannes Gerhardus Cornelis Henning
Moeder  Cornelia Susanna Kotze
# ste kind van vader  8
Noemnaam  Olivier Johannes
Geboortedatum  1869-9-11
Geboorteplek  Damfontein, Aliwal-Noord
Doopdatum  
Doopplek  
Sterfdatum  1918-10-28
Sterfplek  Damfontein, Aliwal-Noord
Huwelike
No. Naam Datum Plek Nota
1 Magdalena Maria Daisy Beeton  1902-7-8  Maitland, Kaapstad  sterf 1958
Kinders
No. Naam Geslag Ander ouer Geboortedatum Sterfdatum
1 Stanley Henning Manlik  Magdalena Maria Daisy Beeton  1904-1-26  1991-6-28
2 Enid Henning Vroulik  Magdalena Maria Daisy Beeton  1906-6-18  1994-1-20
3 Leonard Henning Manlik  Magdalena Maria Daisy Beeton  1908-7-24  2001-7-22
4 Mona Henning Vroulik  Magdalena Maria Daisy Beeton  1910-8-18  1971-12-3
5 Vincent Henning Manlik  Magdalena Maria Daisy Beeton  1911-9-12  2004-11-21
6 Gladys Henning Vroulik  Magdalena Maria Daisy Beeton  1913-6-26  1996-7-12
7 Norman Henning Manlik  Magdalena Maria Daisy Beeton  1915  1915
8 Daphne Henning Vroulik  Magdalena Maria Daisy Beeton  1918-4-7  2006-6-24
Geskiedenis
Olivier Henning word op die plaas Damfontein, distrik Aliwal-Noord gebore. Hy word groot op die plaas en boer later saam met sy vader. Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog 1899 - 1902 bly hy lojaal aan die Kaapse regering. Dit het veroorsaak dat talle mede-Afrikaners, wat stilswyend of as Kaapse rebelle die kommando's van die Boererepublieke gesteun het, hom as 'n verraaier beskou het. Aan die begin van die oorlog het die kommando van Kommandant Willem Fouchee met groot welslae in die Noord-Oos Kaap teen die Britse magte opgetree. As gevolg van die talle Afrikaners in die gebied wat nie die oorlogspoging van die Boererepublieke ondersteun het nie, het Fouchee 'n skrikbewind onder hierdie mense begin voer. Hy het talle van hierdie mense met sy sambok afgeransel. Op 'n dag gedurende 1901 was Olivier ook in 'n onderonsie met Fouchee gewikkel, waar diè hom met sy sambok geslaan en een van sy swart plaaswerkers, wat van spioenasie vir die Britse magte verdink was, tereggestel het.

Eers op 33 jarige ouderdom besluit hy om te trou. Gedurende 1902, dit wil sê die jaar wat die Tweede Vryheidsoorlog ten einde loop, word hy in die huwelik bevestig met die Engelssprekende meisie Daisy Beeton. Onder die invloed van sy vroutjie, breek hulle weg van die ou Boere gebruik van naamgewing vir hulle kinders. Al hulle kinders kry 'n enkele Engelse naam.

Daisy, was voor haar troue 'n onderwyseres. Sy het dikwels vir talle mense wat nie kon skryf nie, as skrywer opgetree. Sy was 'n klein, fyn vroutjie, wel belese en het dikwels as solis of as pianis in konserte opgetree. Beide haar ouers, haar pa Arthur Beeton en haar ma Wilhelmina Margaretha Vos sterf as gevolg van kanker — hy kanker van die ingewande en sy as gevolg van kanker van die lewer. Arthur Beeton se vader en moeder was Thomas Beeton * 14-10-1803 en Eliza Barker * 18-10-1814. Eliza Barker se ouers het saam met die 1820 Britse setlaars na Suid-Afrika emigreer en was Arthur Barker en Sarah August. Thomas Beeton se ouers was John Beeton en Elizabeth Barnett. Wilhelmina Margaretha Vos stam van verskeie bekende figure in die silwersmid en klok/horlosiemakersbedrywe aan die Kaap af. Haar ouers was Jacobus Johannes Vos * 1814 en Magdalena Maria Wolhuter * 1817. Verskeie van die kunswerke wat Jacobus Vos en sy voorsate vervaardig het, word in die Nasionale Kunshistoriese Museum, Kaapstad en die Hugenote museum, Franschoek ten toon gestel.

Olivier Henning sterf gedurende die groot Spaanse Griepepidemie van 1918. Sy eggenote, moes dus op haar eie die boerdery behartig, en nog sewe kinders waarvan die ouderdomme tussen 15 jaar en ses maande gewissel het, grootmaak. Teen die einde van haar lewe het sy osteoperose opgedoen
Voorgeslagte
/¯¯ Pieter Hendrik Henning
/¯¯ Gert Frans Henning
\__ Elizabeth Catharina Engelbrecht
/¯¯ Olivier Johannes Gerhardus Cornelis Henning
/¯¯ Philippus Arnoldus Olivier
\__ Gerbreg Leviena Olivier
\__ Hester Venter
Olivier Johannes Henning
/¯¯ Gerhardus Dirk Kotze
/¯¯ Jan Kotze
\__ Emmarentia Frederika Potgieter
\__ Cornelia Susanna Kotze
/¯¯ Philip Daniël Ricker
\__ Martha Johanna Elizabeth Riekert
\__ Susanna Magdalena Jacobs
V = Vader  |  M = Moeder
Nageslagte
Olivier Johannes Henning a2.b7.c8.d8.
    Stanley Henning  a2.b7.c8.d8.e1.
        Johanna Henning  a2.b7.c8.d8.e1.f1.
        Olivier Henning  a2.b7.c8.d8.e1.f2.
        Daisy Henning  a2.b7.c8.d8.e1.f3.
        Dina Margaretha Jacoba Henning  a2.b7.c8.d8.e1.f4.
        Gideon Stephanus Henning  a2.b7.c8.d8.e1.f5.
    Enid Henning  a2.b7.c8.d8.e2.
        Michiel Cornelius Jacobs  
        Vernon Henning Jacobs  
    Leonard Henning  a2.b7.c8.d8.e3.
        Leonetta Henning  a2.b7.c8.d8.e3.f1.
        Nerina Henning  a2.b7.c8.d8.e3.f2.
        Wilhelmina Henning  a2.b7.c8.d8.e3.f3.
        Olivier Johannes Henning  a2.b7.c8.d8.e3.f4.
        Stephanus Rudolf Kruger Henning  a2.b7.c8.d8.e3.f5.
        Sylvia Daisy Henning  a2.b7.c8.d8.e3.f6.
    Mona Henning  a2.b7.c8.d8.e4.
        Rozanne Stuart Twigg  
        Michael Stuart Twigg  
        Graham Stuart Twigg  
    Vincent Henning  a2.b7.c8.d8.e5.
        Melodie Maria Henning  a2.b7.c8.d8.e5.f1.
        Olivier Johannes Henning  a2.b7.c8.d8.e5.f2.
        Pieter Naude Henning  a2.b7.c8.d8.e5.f3.
        Memory Daisy Henning  a2.b7.c8.d8.e5.f4.
        Rubina Theunissa Henning  a2.b7.c8.d8.e5.f5.
    Gladys Henning  a2.b7.c8.d8.e6.
        Theodore Charles Truter  
    Norman Henning  a2.b7.c8.d8.e7.
    Daphne Henning  a2.b7.c8.d8.e8.
        Neville Harker  
        Anthea Harker  
Fotos

b7.c8.d8. Olivier Johannes Henning * 11-9-1869 en sy eggenote Magdalena Maria Daisy (gebore Beeton) * 5-1-1877
Beskou lys van mense op foto


Dors van koring op die plaas Damfontein, distr Aliwal-Noord gedurende 1912. Die man in die voorgrond met die pak klere en strikdas is b7.c8.d8. Olivier Johannes Henning * 11-9-1869, eienaar van die dorsmasjien
Beskou lys van mense op foto


Damfontein uit ‘n ander hoek. Die foto is gedurende Junie 1902 tydens die sogenaamde "Vredessneeu" geneem. Die twee mans op die foto is b7.c8. Olivier Johannes G C Henning * 1-12-1834 en sy seun Olivier Johannes * 11-9-1869 (d8). Die dubbelverdiepinghuis in die agtergrond is gedurende 1885 gebou en word vandag nog gebruik
Beskou lys van mense op foto