Marthinus Christoffel is skynbaar in die Brakrivier Wyk van die distrik Cradock gebore - dit wil sê in die teenswoordige Middelburg distrik - terwyl sy ouers tydelik daar vertoef het. Sy ouers het gedurende 1824 Noordwaart begin trek. Hulle bly vir 14 jaar lank op die plaas De Keur, in die Brakrivier Wyk, voordat hulle weer verder trek. Hulle vestig hulle gedurende 1841 op 'n plaas in die Kramberge (in die teenswoordige Aliwal-Noord distrik) wat hulle Damfontein noem. Marthinus Christoffel was op hierdie stadium oud genoeg om op sy eie te begin boer. Kort na hulle aankoms sny sy pa 'n deel van Damfontein af en gee dit vir hom. Hy noem die plaas Driefontein en boer die res van sy lewe hier.
Sy eerste eggenote is op sy vader se plaas Damfontein oorlede en begrawe. Haar graf word vandag nog in stand gehou, hoewel die grafsteen al baie verweer het. Haar graf was een van die bydraende faktore wat die skrywer aangespoor het om met die opstel van die Henning geslagsregister te begin. Marthinus Christoffel se tweede eggenote het na sy afsterwe weer op 29-3-1887 te Aliwal-Noord in die huwelik getree met Petrus Gerhardus Bothma van Badspruit, Aliwal-Noord. Gedurende 1889 verkoop sy die plaas aan 'n Joubert