Johannes Benjamin Frans Henning
 Voorgeslagte |  Nageslagte |  Foto(s)
Genealogiese no.  a2.b7.c2.d4.e6.
Voorname  Johannes Benjamin Frans
Van  Henning
Geslag  Manlik
Vader  Johannes Benjamin Frans Henning
Moeder  Rachel Maria Elizabeth Beukes
# ste kind van vader  6
Noemnaam  Johannes Benjamin Frans
Geboortedatum  1876-9-21
Geboorteplek  Aliwal-Noord
Doopdatum  1876-11-12
Doopplek  Aliwal-Noord
Sterfdatum  1961-11-5
Sterfplek  
Huwelike
No. Naam Datum Plek Nota
1 Maria Elizabeth Johanna Roodt       
Kinders
No. Naam Geslag Ander ouer Geboortedatum Sterfdatum
1 Johannes Benjamin Frans Henning Manlik  Maria Elizabeth Johanna Roodt  1900-7-31  1982-4-22
2 Cornelis Hermanus Henning Manlik  Maria Elizabeth Johanna Roodt  1906-11-5  1930-1-15
Geskiedenis
Gedurende die Anglo-Boere-oorlog 1899 - 1902 sluit hy as 'n Kaapse burger by een van die rebelle-kommando's aan, maar word krygsgevangene geneem. Sy nasate beweer dat hy te Ceylon aangehou is, hoewel sy naam nie op enige van die krygsgevangenelyste verskyn nie. 'n Horlosieketting en borsspeld wat hy van visbeen gemaak het tydens die tyd wat hy op Ceylon aangehou is, is deur sy nasate aan die Henning Familiebond geskenk vir uitstalling in die Kerkpleinmuseum, Aliwal-Noord. 'n Foto van hierdie twee items verskyn ook by sy rekord en in die foto-album. As burger van die Kaap van Goeie Hoop, word Johannes Benjamin Frans op 5-5-1902 deur ’n spesiale kommissie wat deur die Kaapse regering aangestel is, aan hoogverraad skuldig bevind. Sy skuldigbevinding spruit voort uit sy simpatie en hulpverlening aan die Boeremagte van die Vrystaatse Republiek tydens die Tweede Vryheidsoorlog 1899 - 1902. Sy vonnis was dat hy vir ’n tydperk van vyf jaar nie vir enige openbare amp verkies mag word of in enige sodanige verkiesing mag stem nie. In die dokumente wat voor die kommissie gedien het, word sy adres gedurende hierdie tyd as die plaas Meerdewyk, in die Aliwal-Noord distrik aangegee. Sy vader is op 28-8-1901, en sy broer Jacobus (e4.) is op 15-5-1902 aan soortgelyke oortredings skuldig bevind.
Voorgeslagte
/¯¯ Gert Frans Henning
/¯¯ Marthinus Christoffel Henning
\__ Dorothea Maria Vorster
/¯¯ Johannes Benjamin Frans Henning
/¯¯ Johannes Benjamin Van Zyl
\__ Hester Magdalina Van Zyl
\__ Aletta Cecilia Petronella Voster
Johannes Benjamin Frans Henning
/¯¯ {mvvName}
/¯¯ Jacobus Nicolaas Beukes
\__ {mvmName}
\__ Rachel Maria Elizabeth Beukes
/¯¯ {mmvName}
\__ Elsie Susanna Beukes
\__ {mmmName}
V = Vader  |  M = Moeder
Nageslagte
Johannes Benjamin Frans Henning a2.b7.c2.d4.e6.
    Johannes Benjamin Frans Henning  a2.b7.c2.d4.e6.f1.
        Ellen Elizabeth Henning  a2.b7.c2.d4.e6.f1.g1.
        Jean Rosaline Henning  a2.b7.c2.d4.e6.f1.g2.
        Johannes Benjamin Henning  a2.b7.c2.d4.e6.f1.g3.
    Cornelis Hermanus Henning  a2.b7.c2.d4.e6.f2.
Fotos

b7.c2.d4.e6. Johannes Benjamin Frans Henning * 21-9-1876, sy eggenote Maria Elizabeth Johanna (gebore Roodt) en hulle oudste seun Johannes Benjamin Frans * 31-7-1900
Beskou lys van mense op foto


’n Groep Kaapse Rebelle uit dir Noord-Oos Kaap. b7.c2.d4.e6. Johannes Benjamin Frans Henning *21-9-1876 van die plaas Meerdewyk, Aliwal-Noord verskyn vierde van links in die agterste ry
Beskou lys van mense op foto


Horlosieketting met sy naam op en ’n borsspeld wat a2.b7.c2.d4.e6. Johannes Benjamin Frans as krygsgevangene te Ceylon uit visbeen gemaak het
Beskou lys van mense op foto