Geskiedenis |
Hulle boer op die plaas Dwarsvlei, distrik Aliwal-Noord. As burger van die Kaap van Goeie Hoop, word hy op 15-5-1902 deur ’n spesiale kommissie wat deur die Kaapse Regering aangestel is, aan hoogverraad skuldig bevind. Sy skuldigbevinding spruit voort uit sy simpatie en hulpverlening aan die Boeremagte van die Vrystaatse Republiek tydens die Tweede Vryheidsoorlog 1899 - 1902. Sy vonnis was dat hy vir ’n tydperk van vyf jaar nie vir enige openbare amp verkies mag word, of in enige sodanige verkiesing mag stem nie. Sy vader en sy broer Johannes (e6.) is aan soortgelyke oortredings skuldig bevind.
|
|