Pieter Hendrik word vermoedelik in die omgewing van die huidige Boshof distrik gebore. Sy huweliksregister dui aan dat 'n veeboer was. Tussen die jare 1890 - 1893 verhuis hy en sy gesin na die Transvaal en vestig hulle op die plaas Valsfontein, distrik Heidelberg. Slegs sy tweede oudste seun, Izak Jacobus bly op Boshof agter. Pieter Hendrik was sy hele lewe lank ’n boer. Na sy dood tree sy eggenote weer in die huwelik met Willem Smit. Sy was gedurende die Tweede Vryheidsoorlog 1899 - 1902 vir ’n rukkie in die konsentrasiekamp te Heidelberg.