Jan Hendrik Henning
 Voorgeslagte |  Nageslagte |  Foto(s)
Genealogiese no.  a2.b9.
Voorname  Jan Hendrik
Van  Henning
Geslag  Manlik
Vader  Pieter Hendrik Henning
Moeder  Elizabeth Catharina Engelbrecht
# ste kind van vader  9
Noemnaam  Jan Hendrik (1790)
Geboortedatum  1790-6-2
Geboorteplek  Cradock
Doopdatum  
Doopplek  
Sterfdatum  1881-8-15
Sterfplek  Boshof
Huwelike
No. Naam Datum Plek Nota
1 Martha Sophia Van Der Merwe  1812-2-2  Graaff-Reinet  sterf 1850
Kinders
No. Naam Geslag Ander ouer Geboortedatum Sterfdatum
1 Pieter Hendrik Henning Manlik  Martha Sophia Van Der Merwe  1812-11-5  1902-5-13
2 Isaak Henning Manlik  Martha Sophia Van Der Merwe  1813-12-4  
3 Jan Hendrik Henning Manlik  Martha Sophia Van Der Merwe  1816-1-8  1893-11-16
4 (Onbekend) Henning Manlik  Martha Sophia Van Der Merwe    
5 Elsie Johanna Henning Vroulik  Martha Sophia Van Der Merwe  1822-3-1  1897-12-20
6 Elizabeth Catharina Henning Vroulik  Martha Sophia Van Der Merwe  1827-7-27  1892-4-22
Geskiedenis
In verskillende reeds gepubliseerde algemene genealogiese werke word Jan Hendrik se naam as Johan Hendrik aangedui - dit is egter foutief. Sy korrekte naam was beslis Jan Hendrik want alle oorspronklike rekords wat geraadpleeg is (sy eie doopregister, sy kinders se doopregisters, sy kinders-, sy vrou en sy eie sterfregister, die opgaafrolle) gee sy naam as Jan Hendrik aan. Hy word groot op sy ouers se plaas, Elandskraal, in die wyk "Achter de Sneeuwberg", in die Graaff-Reinet distrik. Sy eggenote het nie ver van hier, in die Camdebo groot geword.

In die opgaafrolle (belastingopgawes) van 1809 word aangedui dat Jan Hendrik nog ongetroud is en by sy ouers op hulle plaas Elandskraal woon. Hy het egter reeds `n boerdery van sy eie aan die gang gehad en het die volgende besit: 4 x aanteelperde, 14 x aanteelbeeste, 150 x skape, 110 x bokke. Sy vader het ook die buurplaas Roode Taaibosch besit.

Gedurende 1819, toe Jan Hendrik se vader 79 jaar oud was, het hy opgehou boer en onder andere die plaas Roode Taaibosch aan Jan Hendrik oorgedra. As gevolg van die groot droogte wat tussen die jare 1820 en 1823 geheers het, het Jan Hendrik hierdie plaas gedurende 1821 laat lê en permanent die binneland in getrek.

Dit blyk of Jan Hendrik Henning en sy gesin as trekboere vir baie jare rondgeswerf het. Hulle moes reeds voor 1838 in die Sentraal Vrystaat aangekom het, want hulle jongste dogter, Elsie Johanna, is gedurende 1838 te Bloemfontein in die huwelik bevestig. Hulle seun, Jan Hendrik, en sy eggenote, het ook gedurende 1842 ’n babaseuntjie te Smithfield gedoop, waarby hulle getuies was. Aan die ander kant is sy eggenote en hulle skoondogter Hendrina (vrou van b9.c3.) gedurende 1850 en 1852 onderskeidelik op die plaas Blaauwkrans, nie ver vanaf die teenswoordige Nieu Bethesda in die Graaff-Reinet distrik oorlede. Dit dui daarop dat hulle tog ’n permanente basis gehad het, waarnatoe hulle van tyd tot tyd teruggekeer het.

Jan Hendrik en sy kinders het hulle mettertyd in die Boshofdistrik gevestig, waar hy oorlede is.
Voorgeslagte
/¯¯ {vvvName}
/¯¯ Johannes Gerhard Henning
\__ {vvmName}
/¯¯ Pieter Hendrik Henning
/¯¯ {vmvName}
\__ Anna Maria Kramer
\__ {vmmName}
Jan Hendrik Henning
/¯¯ {mvvName}
/¯¯ Gerrit (Gerd) Engelbrecht
\__ {mvmName}
\__ Elizabeth Catharina Engelbrecht
/¯¯ Krelis Cornelisz De Jong
\__ Cataharina Elizabeth De Jong
\__ Elizabeth Kops (Kobbesz)
V = Vader  |  M = Moeder
Nageslagte
Jan Hendrik Henning a2.b9.
    Pieter Hendrik Henning  a2.b9.c1.
        Martha Sophia Henning  a2.b9.c1.d1.
        Pieter Hendrik Henning  a2.b9.c1.d2.
        Anna Sophia Jacoba Henning  a2.b9.c1.d3.
        Izak Jacobus Henning  a2.b9.c1.d4.
        Elsie Johanna Henning  a2.b9.c1.d5.
        Johanna Hendrina Petronella Henning  a2.b9.c1.d6.
    Isaak Henning  a2.b9.c2.
        Andries Godlieb Henning  a2.b9.c2.d1.
        Jan Hendrik Henning  a2.b9.c2.d2.
    Jan Hendrik Henning  a2.b9.c3.
        Hester Sophia Henning  a2.b9.c3.d1.
        Jan Hendrik Henning  a2.b9.c3.d2.
        Hendrik Jacobus Henning  a2.b9.c3.d3.
        Martha Sophia Henning  a2.b9.c3.d4.
        Hendrina Magdalena Henning  a2.b9.c3.d5.
        Elsje Johanna Henning  a2.b9.c3.d6.
        Jan Hendrik Henning  a2.b9.c3.d7.
        Johanna Petronella Henning  a2.b9.c3.d8.
        Johanna Petronella Elizabeth Henning  a2.b9.c3.d9.
    (Onbekend) Henning  a2.b9.c4.
    Elsie Johanna Henning  a2.b9.c6.
    Elizabeth Catharina Henning  a2.b9.c5.
        Abel Hendrik Erasmus  
        Anna Margaretha Erasmus  
        Elizabeth Catharina Erasmus  
        Johanna Susanna Elizabeth Erasmus  
        Jan Hendrik Erasmus  
        Elsie Johanna Erasmus  
        Sofie Jacoba Johanna Erasmus  
        Charles Erasmus  
        Martha Aletta Johanna Erasmus