Izak Jacobus en sy vrou woon aanvanklik in die distrik Bultfontein. Terwyl hulle kinders nog almal baie jonk was, trek hulle na die plaas Leliespan, in die distrik Lichtenburg. Hy, (en later met behulp van sy drie seuns) bedryf gemengde boerdery - mielies, skape, beeste. Hy beoefen hierdie beroep sy hele lewe lank, en sterf dan ook te Leliespan.