Geskiedenis |
Izak word groot in die distrik Bultfontein. Hy trek mettertyd saam met sy ouers na die plaas Leliespan, in die distrik Lichtenburg. Hy en sy twee broers staan hulle vader by met die bedryf van ’n gemengde boerdery van mielies, skape en beeste. Hy beoefen hierdie beroep sy hele lewe lank. Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog 1899 - 1902 veg hy en sy broer Pieter Hendrik (e4.) aan Boerekant. Hy dien onder Veldkornet Izak Claasen en word in die hand gewond, as gevolg waarvan hy een vinger verloor het. Hy dien tot aan die einde van die oorlog en het gekwalifiseer vir die toekenning van De Zuid-afrikaanse Republiek en Oranje Vrijstaat oorlogs-medalje 1899 – 1902 en die verwondingslint, maar het nooit daarvoor aansoek gedoen nie Hy sterf op die plaas Leliespan.
|
|