Geskiedenis |
Met die uitbreek van die Anglo-Boere-oorlog gedurende Oktober 1899 sluit hy by die Heidelberg kommando van Kmdt H Alberts aan. Hy dien onder Vdkt G Meyer in die wyk Kliprivier. Hy neem deel aan gevegte te Paardeberg, Ladysmith, Boesmanskop en Schoonezicht. Hy dien tot aan die einde van die oorlog en het sy wapen op 6-6-1902 by Kraalstasie neergelê Gedurende die oorlog is sy vrou en hulle kinders, wat toe reeds gebore is, eers in die konsentrasiekamp te Kroonstad aangehou, dog later na die kamp te Heidelberg oorgeplaas. Twee van hulle kinders sterf dan ook in hierdie kampe.
|
|