Geskiedenis |
Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog 1899 - 1902 dien hy in die Heidelberg kommando onder Veldkornet S van As. Hy neem deel aan gevegte te Spioenkop, Ladysmith en talle kleiner skermutselings. Hy veg tot die einde en gee homself eers gedurende Junie 1902 oor. Sy eggenote is aanvanklik in die Kroonstad konsentrasiekamp aangehou, waar hulle oudste seuntjie dan ook sterf. Sy was op daardie stadium swanger met hulle tweede kind. Kort na die dood van hulle seuntjie, gedurende Augustus 1901 is sy na die Heidelberg konsentrasiekamp oorgeplaas, waar hul dogtertjie gebore is. Die dogtertjie is egter ’n maand na haar geboorte oorlede.
|
|