Geskiedenis |
Jan Andries en sy eggenote boer op die plaas Bulskop in die distrik Dewetsdorp, waar hulle 'n stil en nederige bestaan gevoer het. Gedurende die Anglo-Boere-oorlog 1899-1902 dien hy onder Kmdt Piet Fourie.Op 6 Augustus 1900, na die geveg in die Brandwaterkom by Witsieshoek tydens die Tweede Vryheidsoorlog, word hy, sy twee oudste seuns Jozeph Johannes Philippus en Johannes Lodewikus, vier van sy broers en swaer Gert Grobler, deur die Britse krygsmagte krygsgevangene geneem. Hulle word met die skip "Ranee" na Ceylon geneem, waar hulle in die Diyatalawa Krygsgevangenekamp tot na die oorlog aangehou word. Sy eggenote en verskeie van sy kinders word in die Bethulie Konsentrasiekamp aangehou, waar twee van hulle kinders dan ook gesterf het.
|
|