Geskiedenis |
Die egpaar het twee kinders gehad - 'n dogter wat op 13-jarige ouderdom oorlede is en 'n seun. Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog 1899 - 1902 dien hy in die Bethulie kommando van Kmdt F Du Plooy, onder bevel van Vdkt W Robinson. Hy neem deel aan gevegte by Stormberg, Bethulie, Dewetsdorp, Sprinkaansnek, Waterwerk, Lindley en Bethlehem. Na die geveg in die Brandwaterkom by Witsieshoek, word hy op 30 Julie 1900 saam met Genl Prinsloo en 4000 burgers, waaronder verskeie van sy broers, krygsgevangene geneem en na die Diyatalawa Krygsgevangenekamp in Ceylon weggevoer. Sy eggenote en hul twee kinders word in die Koffiefontein Konsentrasiekamp aangehou. Na die oorlog werk hy op die SA Spoorweë.
|
|