Pieter Hendrik Henning (*1740, †1823)
 Voorgeslagte |  Nageslagte |  Foto(s)
Genealogiese no.  a2.
Voorname  Pieter Hendrik
Van  Henning
Geslag  Manlik
Vader  Johannes Gerhard Henning
Moeder  Anna Maria Kramer
# ste kind van vader  7
Noemnaam  Pieter Hendrik (Stamvader)
Geboortedatum  1740-12-1
Geboorteplek  Lippstadt, Lippe (Duitsland)
Doopdatum  1740-12-24
Doopplek  Lippstadt, Lippe (Duitsland)
Sterfdatum  1823-7-4
Sterfplek  Elandskraal, Achter de Sneeuwberg, Cradock
Huwelike
No. Naam Datum Plek Nota
1 Elizabeth Catharina Engelbrecht      sterf 1845
Kinders
No. Naam Geslag Ander ouer Geboortedatum Sterfdatum
1 Johannes Gerhardus Henning Manlik  Elizabeth Catharina Engelbrecht  1770-3-18  
2 Elizabeth Catharina Henning Vroulik  Elizabeth Catharina Engelbrecht  1772  
3 Pieter Hendrik Henning Manlik  Elizabeth Catharina Engelbrecht  1776-4-18  
4 Anna Maria Henning Vroulik  Elizabeth Catharina Engelbrecht  1778-10-5  1857-11-2
5 Jacobus Cornelis Henning Manlik  Elizabeth Catharina Engelbrecht  1782  1838-7-10
6 Willem Frederik Henning Manlik  Elizabeth Catharina Engelbrecht  1782-9-5  1844-10-4
7 Gert Frans Henning Manlik  Elizabeth Catharina Engelbrecht  1785-4-1  1873-10-18
8 Carel Henning Manlik  Elizabeth Catharina Engelbrecht  1788-12-2  
9 Jan Hendrik Henning Manlik  Elizabeth Catharina Engelbrecht  1790-6-2  1881-8-15
10 Daniël Stephanus Henning Manlik  Elizabeth Catharina Engelbrecht  1793-3-4  1869-10-18
11 Johanna Magdalena Henning Vroulik  Elizabeth Catharina Engelbrecht  1797-8-23  1847-8-13
Geskiedenis
Vir 'n volledige relaas van sy geskiedenis moet Afdeling 6 van die Geslagsregister gelees word. Kyk ook na die Skyfievertoning oor sy geskiedenis wat by die keuselys beskikbaar is. Hierdie is slegs 'n opgesomde relaas van sy geskiedenis.

Peter Henrich Henning word gedurende Desember 1740 te Lippstadt gebore as die sewende kind van Johannes Gerhard Henning. Ongelukkig was sy ma se name onbekend, ten spyte van die feit dat alle toepaslike registers (doop-, huwelik- en sterfregisters) deurgewerk is. Ons het egter later haar naam deur middel van die registers wat die Mormoonse Kerk versamel, haar naam opgespoor. Haar naam was Anna Maria Kramer. Peter Henrich word deur sy pa opgelei as tabakroller en neem mettertyd, toe hy slegs sewentien jaar oud was, sy pa se tabakbesigheid oor. Op 20-jarige ouderdom tree hy in die huwelik met Anna Elizabeth Helena Piers en hul eersteling, ‘n seuntjie Friederich word vier jaar later, op 15 November 1764 gebore.

Op 14 Julie 1765 vertrek Peter Henrich as ‘n gewone soldaat in diens van die Hollandse Oos Indiese Kompanje na die Kaap. Die retoerskip, “Jonkvrouwe Kornelia Jacoba” waarmee hy reis kom op 22 November 1765 by die Kaap aan.

Gedurende sy tyd as soldaat dien hy onder Kaptein Hendrik Storm en Vaandrig Johannes Steen, maar op 25 Mei 1768 verleen die Kompanje goedkeuring dat hy as boerkneg begin werk vir Gerrit Engelbrecht wat op ‘n klein stukkie grond van ongeveer 2 morge in die Klein Drakenstein wyk van die Stellenbosch distrik, met die naam Leliefontein geboer het. Bietjie meer as ‘n maand later, op 10 Julie 1768 trou Peter Henrich met Gerrit Engelbrecht se dogter, Elizabeth Catharina. Hulle het uiteindelik tien kinders gehad, soos uiteengesit in die familiekroniek.

Dit is onseker presies wanneer die Henning gesin na die Oosgrens van die kolonie verhuis het, maar op 31 Maart 1779 kry hy goedkeuring om sy vee te laat wei op die plaas “Weltevreden”, langs die Voëlrivier in die Camdebo, aan die voet van die groot Bruintjieshoogde berge. Vyf jaar later, op 2 Desember 1784 kry hy toestemming om sy vee te laat wei op die plaas “Alleengelaten”, ‘n paar kilometers vanaf Weltevreden, stroomaf langs die Voëlrivier.

Op 25 November 1783 word Peter Henrich ‘n Vryburger. Gedurende hierdie tyd begin die spelling van sy naam ver-hollands na Pieter Hendrik.

Teen die einde van 1786, of vroeg in 1787 het die Henning gesin skynbaar verhuis na die wyk “Achter Sneeuberg” in die nuutgeproklameerde distrik Graaff-Reinet, want sy belastingopgawe is in 1787 hier opgeneem en die plaas Elandskraal op 20 November 1787 aan hom toegeken.

Bykans twee jaar later, op 25 September 1789 word die plaas “Commando Drift” in die Tarka ook aan Pieter Hendrik toegeken. Hierdie plaas was ver buite die grense van die kolonie in ‘n gebied wat baie onveilig was weens die Boesmans. Pieter Hendrik het tot ongeveer 1796 op beide Elandkraal en Commando Drift geboer, voordat hy afstand gedoen het van Commando Drift.

Met verloop van tyd het Pieter Hendrik drie aangrensende plase langs die bolope van die Visrivier, in die wyk Achter Sneeuberg besit — Elandskraal, Roode Taaibosch en Klipplaat. Ten spyte van sporadiese droogtes en ander plae soos sprinkane, trekbokke en diefstal deur die Boesmans en Xhosas het die Henning boerdery ‘n stygende kurwe getoon.

Al Pieter Hendrik – en Elizabeth Catharina Henning se kinders het met verloop van tyd, na hulle onderskeie troues as trekboere weggetrek. Slegs Daniël Stephanus (b10) en sy gesin het op Elandkraal agtergebly.

Pieter Hendrik Henning sterf op 4 Julie 1823 in die rype ouderdom van 82 jaar en ses maande en sy eggenote Elizabeth Catharina op 1 Februarie 1845 in die ouderdom van 92 jaar en een maand. Hulle het dus ‘n vrugbare huwelik van 55 jaar gehad.
Voorgeslagte van Pieter Hendrik Henning (*1740, †1823)
Generasies 2 3 4 5 6
/¯¯ Johannes Gerhard Henning (†1758)
 Pieter Hendrik Henning (*1740, †1823)
\__ Anna Maria Kramer
Nageslagte van Pieter Hendrik Henning (*1740, †1823)
Pieter Hendrik Henning (*1740, †1823) a2.
    Johannes Gerhardus Henning (*1770)  a2.b1.
        Pieter Hendrik Henning  a2.b1.c1.
        Maria Johanna Magdalena Henning (*1801, †1858)  a2.b1.c2.
        Jan Hendrik Henning (*1805, †1881)  a2.b1.c3.
        Elizabeth Catharina Henning (*1809, †1875)  a2.b1.c4.
        Martha Lasya Henning (*1811, †1864)  a2.b1.c5.
        Johannes Stephanus Henning (*1814, †1875)  a2.b1.c6.
        Maria Agata Henning  a2.b1.c7.
        Charl Gerhardus Henning (*1815, †1896)  a2.b1.c8.
        Johanna Susanna Magdalena Henning (*1821)  a2.b1.c9.
    Elizabeth Catharina Henning (*1772)  a2.b2.
        Daniel Jacobus Roodt  
        Pieter Hendrik Roodt (†1861)  
        Anna Christina Roodt  
        Elizabeth Catharina Maria Roodt  
        Hermanus Lambertus Roodt  
        Willem Christiaan Roodt  
        Sophia Maria Roodt  
        Francois Johannes Roodt  
    Pieter Hendrik Henning (*1776)  a2.b3.
    Anna Maria Henning (*1778, †1857)  a2.b4.
        Jan Booysen (*1797)  1.
        Jan Adriaan Venter (*1806)  
        Elizabeth Catharina Booysen (*1800)  
        Anna Maria Venter (*1809)  
        Cornelia Dorothea Venter  
        Elizabeth Catharina Booysens (*1801, †1835)  
        Pieter Jan Hendrik Venter  
        Zacharias Booysen (*1804)  4.
    Jacobus Cornelis Henning (*1782, †1838)  a2.b5.
        Jan Andries Henning (*1802, †1871)  a2.b5.c1.
        Pieter Hendrik Henning (*1804, †1896)  a2.b5.c2.
        Elizabeth Johanna Catharina Henning (*1807, †1850)  a2.b5.c3.
        Jacobus Cornelis Stephanus Henning (*1811, †1893)  a2.b5.c4.
        Gert Frans Henning (*1815, †1902)  a2.b5.c5.
        Johanna Cornelia Susanna Jacoba Henning (*1821, †1842)  a2.b5.c6.
        Johanna Catharina Jacoba Henning  a2.b5.c7.
    Willem Frederik Henning (*1782, †1844)  a2.b6.
        Pieter Hendrik Henning (*1802, †1863)  a2.b6.c1.
        Maria Elizabeth Dorothea Henning (*1804)  a2.b6.c2.
        Johannes Christiaan Henning (*1806, †1887)  a2.b6.c3.
        Willem Frederik Henning (*1809, †1874)  a2.b6.c4.
        Hester Johanna Henning (*1814, †1888)  a2.b6.c5.
    Gert Frans Henning (*1785, †1873)  a2.b7.
        Pieter Hendrik Henning (*1811, †1875)  a2.b7.c1.
        Marthinus Christoffel Henning (*1820, †1886)  a2.b7.c2.
        Elizabeth Catharina Henning (*1822)  a2.b7.c3.
        Hester Magdalena Henning (*1825, †1885)  a2.b7.c4.
        Gert Frans Henning (*1827, †1894)  a2.b7.c5.
        Hester Gerbregta Maria Henning (*1829)  a2.b7.c6.
        Philippus Arnoldus Henning (*1831, †1902)  a2.b7.c7.
        Olivier Johannes Gerhardus Cornelis Henning (*1834, †1919)  a2.b7.c8.
        Gerbrech Levina Catharina Henning (*1838, †1863)  a2.b7.c9.
        Dorothea Maria Henning (*1841)  a2.b7.c10.
        Johanna Catharina Philippina Henning (*1843)  a2.b7.c11.
        Gertruida Francina Magdalena Henning (*1845)  a2.b7.c12.
        Johannes Lodewyk Henning (*1847)  a2.b7.c13.
        Anna Cecilia Louisa Henning (*1849)  a2.b7.c14.
        Cornelia Hendrina Lavina Henning (*1855)  a2.b7.c15.
    Carel Henning (*1788)  a2.b8.
    Jan Hendrik Henning (*1790, †1881)  a2.b9.
        Pieter Hendrik Henning (*1812, †1902)  a2.b9.c1.
        Isaak Henning (*1813)  a2.b9.c2.
        Jan Hendrik Henning (*1816, †1893)  a2.b9.c3.
        (Onbekend) Henning  a2.b9.c4.
        Elsie Johanna Henning (*1822, †1897)  a2.b9.c6.
        Elizabeth Catharina Henning (*1827, †1892)  a2.b9.c5.
    Daniël Stephanus Henning (*1793, †1869)  a2.b10.
        Pieter Hendrik Barend Henning (*1813)  a2.b10.c1.
        Elizabeth Catharina Henning (†1887)  a2.b10.c2.
        Pieter Hendrik Barend Henning (*1817, †1903)  a2.b10.c3.
        Alewyn Petrus Henning (*1822, †1889)  a2.b10.c4.
        Susanna Johanna Magdalena Henning (*1829)  a2.b10.c5.
        Daniël Stephanus Henning (*1831, †1913)  a2.b10.c6.
    Johanna Magdalena Henning (*1797, †1847)  a2.b11.
        Pieter Hendrik Schoombee (*1827)  
        Johanna Sophia Elizabeth Schoombee (*1832)  
        Andries Gotlieb Schoombee (*1835)