Geskiedenis |
Indien na die lang tydsverloop tussen sy geboortedatum en die datum wat hy gedoop is, gekyk word, kan die afleiding gemaak word dat Jan Andries se ouers met sy geboorte baie ver vanaf Colesberg, wat in daardie dae die kerk verste Noord was, moes gewoon het. Daar bestaan dus ’n moontlikheid dat hy reeds in die Oranje Vrystaat gebore is. Hy boer op die plaas Droogefontein, distrik Bethulie. Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog 1899 - 1902 dien hy en sy seuns Jacobus Cornelis (f4) en Jan Andries (f6.) in die Bethulie Kommando (Grootrivier Veldkornetskap). Hulle word egter op 30 Julie 1900, saam met ongeveer 4 000 burgers van die gevegsmag van Genl Prinsloo by Fouriesburg krygsgevangene geneem en in die Diyatalawa Krygsgevangenekamp te Ceylon aangehou.
|
|