Geskiedenis |
Hulle woon te Heuningspruit, distrik Kroonstad, waar hy die stasievoorman was. Op Kersdag 1962 is hy, sy vrou en hul twee jongste seuntjies met hul motor op die spooroorgang by die Heuningspruitstasie in 'n botsing met 'n trein betrokke. Sy en die twee seuntjies sterf op slag en hy vier dae later. Hulle vier oorblywende kinders, wat nou wees gelaat is, het daarna vir 'n ruk lank by hulle ouma Van der Westhuizen in die Kaap gebly. Na ‘n rukkie is die twee seuns, André en Fanie in ‘n weeshuis in Kaapstad opgeneem, terwyl die twee dogters, Marinda en Margaretha by ouma Van der Westhuizen agtergebly het. Hulle is egter ook later in ‘n koshuis geplaas. Die feit dat die kinders van mekaar verwyder is, het meegebring dat hulle alle kontak met mekaar verloor het. Margaretha sterf egter gedurende 1974 toe sy slegs 21-jaar oud was.
|
|