Geskiedenis |
Sy het agt kinders gehad - twee seuns en twee dogters by Zacharias Booysen, en twee seun en twee dogters by Jan Hendrik Venter. Die name van haar kinders was die volgende: Jan Booysen * 1797; Elizabeth Catharina Booysen * 1800 - as baba oorlede; Elizabeth Catharina Booysen * 1801 (Sy is met haar neef Pieter Hendrik Henning, die seun van haar ma se broer Jacobus Cornelis Henning, getroud; Zacharias Booysen * 1804. Jan Adriaan Venter * 1806 - as kind oorlede; Anna Maria Venter * 1809; Cornelia Dorothea Venter; Pieter Jan Hendrik Venter.
Soos al die ander Henning kinders, het sy en haar eerste eggenote na hulle troue nog by haar ouers op die plaas Elandskraal aangebly. Mettertyd het hulle egter ook weggetrek om na grond van hulle eie te soek. Hulle vestig hulle uiteindelik op die plaas Jakkalsfontein, in die wyk Onder Seekoeirivier. Hierdie plaas val vandag in die Noupoort distrik. Dit is ’n buurplaas van haar broer Jacobus Cornelis (b5.) se plaas, Geelbeksfontein. Jacobus Cornelis se seun, Jacobus Cornelis Stephanus en sy gesin het ook op Jakkalsfontein gewoon.
|
|