Geskiedenis |
Martha Aletta Vorster was die suster van Willem Vorster, die vader van wyle Staatspresident en Eerste Minister B J Vorster. Haar een suster, Anna Christina, is met haar man se broer, Christiaan Rudolf, b1.c3.d10. Getroud. 'n Derde (half) suster, Aletta Susanna, is met b7.c2.d17. Marthinus Christoffel Henning getroud. Al drie families het hul tweede seun na die vrouens se vader, Olof Abraham Vorster vernoem. Hulle boer aanvanklik op die plaas Elandshoek, in die Aliwal-Noord distrik, maar trek teen die einde van die negentiende eeu na Bloemhof (latere Schweizer Reneke), waar hulle die plaas Blaauboschpan bekom. Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog 1899 - 1902 gaan al nege hul seuns op kommando. Hulle word by die Bloemhof Kommando ingedeel. Een van hul seuns, Frederik (e8) sneuwel, vier seuns, Jan Hendrik (e1), Johannes Hendrik (e4), Christiaan Rudolf (e9) en die sestienjarige Pieter Johannes (e10) word gewond, terwyl Alwyn Petrus (e3) en Christiaan Rudolf (e9) krygsgevangene geneem word. Hulle seun Johannes Gerhardus (e5) doen koors op terwyl hy op kommando is. Slegs twee van hul seuns kom ongeskonde deur die oorlog, Olof Abraham (e2) en Jacobus Daniël Stephanus (e7)
|
|