Frederik Hendrik Henning
 Voorgeslagte |  Nageslagte |  Foto(s)
Genealogiese no.  a2.b1.c3.d12.e8.
Voorname  Frederik Hendrik
Van  Henning
Geslag  Manlik
Vader  Alwyn Petrus Henning
Moeder  Martha Aletta Vorster
# ste kind van vader  8
Noemnaam  . Frederik Hendrik
Geboortedatum  1880-5-31
Geboorteplek  Aliwal-Noord
Doopdatum  1880-8-8
Doopplek  
Sterfdatum  1899-11-25
Sterfplek  Bloemhof
Geskiedenis
Hy was 'n lid van die Bloemhof Kommando onder bevel van Kmdt De Beer wat aan die offensief van die Boeremagte aan die Westelike front in die omgewing van Kimberley deelgeneem het. Hy sneuwel tydens een van die kleiner skermutselings tussen die Boere en Britse magte. 'n Paar dae later is een van sy broers, Christiaan Rudolph (e9) deur die Britse magte gewond en krygsgevangene geneem. Sy broer, Pieter Johannes (e10) is op 11-12-1899 tydens die slag van Magersfontein gewond en sy broer Jan Hendrik (e1) is op 15-12-1899 te Colenso verwond. Nog 'n broer, Johannes Hendrik (e4) is enkele maande later ook verwond.
Voorgeslagte
/¯¯ Johannes Gerhardus Henning
/¯¯ Jan Hendrik Henning
\__ Martha Magdalena Nienaber
/¯¯ Alwyn Petrus Henning
/¯¯ Jacobus Du Plessis
\__ Anna Magdalena Du Plessis
\__ Petronella Magdalena (Onbekend)
Frederik Hendrik Henning
/¯¯ {mvvName}
/¯¯ Olof Abraham Vorster
\__ {mvmName}
\__ Martha Aletta Vorster
/¯¯ {mmvName}
\__ Elsje Swanepoel
\__ {mmmName}
V = Vader  |  M = Moeder
Fotos

b1.c3.d12. Alwyn Petrus Henning * 17-1-1848 en sy gesin wat ernstig deur die Anglo-Boere-oorlog (ABO)geraak is. Van hul nege seuns sneuwel een, vier word gewond, twee (insluitende een van die gewondes) word krygsgevangene geneem en een word ernstig siek op kommando. Agter: e8 Frederik * 1880, hy sneuwel; e3 Alwyn Petrus * 1872, krygsgevangene; e7 Jacobus Daniël Stephanus * 1878, veg tot einde van oorlog; e5 Johannes Gerhardus * 1875, word ernstig siek op kommando; e4 Johannes Hendrik * 1873, gewond. Middel: e2 Olof Abraham * 1871, veg tot einde van oorlog; e1 Jan Hendrik * 1871, gewond; vader Alwyn en moeder Martha Henning; e6 Elsje * 1876. Voor: e9 Christiaan Rudolf * 1882, gewond en krygsgevangene; e10 Pieter Johannes * 1883, as 16-jarige gewond
Beskou lys van mense op foto