Jozeph Johannes Henning
 Voorgeslagte |  Nageslagte |  Foto(s)
Genealogiese no.  a2.b5.c1.d3.e1.f1.g1.h1.
Voorname  Jozeph Johannes
Van  Henning
Geslag  Manlik
Vader  Jan Andries Henning
Moeder  Elizabeth Johanna Petronella Behr
# ste kind van vader  1
Noemnaam  Johan
Geboortedatum  1948-3-7
Geboorteplek  Bloemfontein
Doopdatum  
Doopplek  
Sterfdatum  2018-10-12
Sterfplek  Bloemfontein
Huwelike
No. Naam Datum Plek Nota
1 Wilhelmina Jacoba Zeeman  1970-2-7  Stellenbosch   
Kinders
No. Naam Geslag Ander ouer Geboortedatum Sterfdatum
1 Jan Andries Henning Manlik  Wilhelmina Jacoba Zeeman  1970-9-23  
Geskiedenis
Johan matrikuleer aan die Hoërskool Theunissen. Hy begin sy loopbaan in die Departement van Justisie in Bloemfontein en behaal in 1970 die B.Iuris-graad aan die UOVS. In 1973 verwerf hy die graad LL.B met onderskeidings in al sy hoofvakke asook die verhandeling en verwerf daardeur die gesogte Moritz Bobbert-penning, die Hoofregtersbeker, die Balieprys, asook verskeie ander toekennings. In 1974 word hy toegelaat as prokureur en bevorder tot Staatsprokureur. In dieselfde jaar word hy ook as deeltydse lektor in Handelsreg aan die UOVS aangestel en in 1976 as senior lektor. In 1978 word hy bevorder tot mede-professor in Handelsreg aan UNISA en vanaf 1980 tot hoogleraar. In 1982 word hy aangestel as hoogleraar in Handelsreg aan die UOVS en in 1984 as hoof van die Sentrum vir Ondernemingsreg. In 1985 tree hy op as gas-professor by die Albert-Ludwigs Universiteit in Freiburg im Breisgau, Duitsland. In 1988 word hy aangestel as Hoof van die Departement Handelsreg aan die UOVS. In 1990 verwerf hy die LL.D-graad aan die UOVS en in 1991 word hy een van twee uitstaande hoogleraars aan die UOVS, ’n posisie wat hy tans (na vier hernuwings) as die langsdienende sodanige professor aan die UV beklee. Dit word verkry ná behoorlike eksterne evaluasie en ’n voorvereiste is uitsonderlike internasionale bydraes wat oor landsgrense heen erken word. In 1990 word hy ook aangestel as hoof van die Departement Romeinse Reg en Regsgeskiedenis. In 1998 word hy verkies tot Dekaan van die Fakulteit Regsgeleerdheid, UOVS en word na vyf jaar vir ’n verdere termyn aangestel. Hy is die eerste regshoogleraar van die UV wat ook ’n professoraat beklee aan die Universiteit van Londen. Hy is ook ’n direkteur van die Centre for Corporate and Partnership Law van dié universiteit. Hy is ook jaarliks een van die organiseerders van die internasionale konferensie wat vir regsgeleerdes by die Universiteit van Cambridge se Jesus College gehou word. In 1997 word hy die eerste Suid-Afrikaanse regsgeleerde aan wie eers lidmaatskap en kort daarna erelidmaatskap van die Society of Advanced Legal Studies van Brittanje verleen word. In 2002 word hy erelid van die Amerikaanse regsvereniging, die Order of the Coif, die eerste sodanige toekenning aan ’n Suid-Afrikaanse regsakademikus. Hy is lid van die uitvoerende bestuur van die UV,die voorsitter van die dekane-komitee, lid van die uitvoerende dagbstuur en lid van die universiteitsraad van die UVS.

Buiten bogenoemde prestasies, beklee hy tans ook die volgende posisies: Hoof van die departement van Romeinse Reg, Regsgeskiedenis en Regsvergelyking, direkteur van die Sentrum vir Ondernemingsreg; voorsitter van die Sentrum vir Finansiële Beplanningsreg sowel as die Navorsingseenheid vir Ernstige Ekonomiese Misdaad; houer van die Ou Mutual-leerstoel vir Ondernemingsreg aan die UV. In 2003 word hy deur die raad van die Randse Afrikaanse Universiteit (RAU) aangestel as buitengewone professor in Ondernemingsreg en is die eerste regsakademikus aan ’n Suid-Afrikaanse universiteit om op dié wyse deur RAU vereer te word. Hy is lid van verskeie organisasies op plaaslike, nasionale en internasionale vlak. Hy is byvoorbeeld lid van die Prokureursorde in die Vrystaat, ’n raadslid van die Instituut vir Lewens- en Pensioenadviseurs, ’n lid van die komitee vir regshistorici in Suid-Afrika en ’n lid van die Vereniging vir Universiteitsdosente in die Regte. Hy is ook ’n lid van die bestuurskomitee van die Vereniging Hugo de Groot, ’n stigterslid van ECCRISA (Economic Crime Combatting and Research Institute of Southern Africa). Hy is lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en is ‘n direkteur van die Vrystaatse Ontwikkelingskorporasie.

Op internasionale vlak is hy ’n besoekende genoot van die Instituut van Gevorderde Regstudies van die Universiteit van Londen, van Cambridge Universiteit en die Universiteit van Sussex se Fakulteite Regsgeleerdheid, van die Fakulteit Regsgeleerdheid van die Universiteit van die Brabant en van die College of Law van die University of Kentucky, ’n lid van die Internasionale Balieraad, ’n lid van die advieskomitee vir bankregulering van die Instituut vir Gevorderde Regstudies aan die Universiteit van Londen, ’n lid van die Wêreld-Juridiese vereniging, ’n genoot van die Sentrum vir Internasionale Regstudies (Oostenryk) en ’n lid van die Vereniging vir Fiskale Studies in Londen. Hy is redakteur en mede-redakteur van vyftien vakwetenskaplike regstydskrifte. Meer as honderd en veertig vakwetenskaplike gerefereerde artikels en meer as veertig regshandboeke en monografieë, het al uit sy pen verskyn.
Voorgeslagte
/¯¯ Jan Andries Henning
/¯¯ Jozeph Johannes Phillippus Henning
\__ Johanna Elizabeth Jacobs
/¯¯ Jan Andries Henning
/¯¯ Barend Johannes Hendrikus Jacobs
\__ Johanna Helena Maria Jacobs
\__ Elizabeth Maria Grobbelaar
Jozeph Johannes Henning
/¯¯ {mvvName}
/¯¯ Burgert Mattheus Jacobus Behr
\__ {mvmName}
\__ Elizabeth Johanna Petronella Behr
/¯¯ {mmvName}
\__ Magdalena Adriana Jacoba Steyn
\__ {mmmName}
V = Vader  |  M = Moeder
Nageslagte
Jozeph Johannes Henning a2.b5.c1.d3.e1.f1.g1.h1.
    Jan Andries Henning  a2.b5.c1.d3.e1.f1.g1.h1.i1.
Fotos

Foto geneem met die 50 ste huweliksherdenking van b5.c1.d3.e1.f1. Jozeph Johannes Phillippus Henning en sy vrou Johanna.
Voor: Eline Booysen, D/v b5.c1.d3.e1.f1.g4. Johanna Elizabeth Booysen (gebore Henning);
b5.c1.d3.e1.f1.g3.h3. Johanna Sophia Henning (Kleintjie) * 15- 8-1950;
b5.c1.d3.e1.f1.g1.h1. Jozeph Johannes Henning (Johan) *7-3-1948; b5.c1.d3.e1.f1.g1.h2. Magdalena Henning (Lenie) * 15-10-1951
Middel: Elizabeth Johanna Petronella Henning (gebore Behr) * 18-12-1912, V/v b5.c1.d3.e1.f1.g1. Jan Andries Henning;
b5.c1.d3.e1.f1. Jozeph Johannes Phillippus Henning * 20-3-1879 en Johanna Helena Maria Henning (gebore Jacobs) * 7-6-1893
Agter: b5.c1.d3.e1.f1.g4. Johanna Elizabeth Booysen (gebore Henning) * 9-9-1923;
b5.c1.d3.e1.f1.g3.h2. Jan Gerzon Eliezer Henning *8-4-1943; b5.c1.d3.e1.f1.g3. Barend Johannes Hendrikus Henning * 24-1-1915; Anna Johanna Maria Henning (gebore Barry) * 3-2-1916, V/v f1.g3. Barend Johannes Hendrikus Henning;
b5.c1.d3.e1.f1.g5.h1. Hendrina Johanna Henning;
b5.c1.d3.e1.f1.g5. Joseph Johannes Henning * 4-3-1929;
Hendrina Johanna Henning (gebore van Wyk) V/v b5.c1.d3.e1.f1.g5. Joseph Johannes Henning
Beskou lys van mense op foto


b5.c1.d3.e1.f1.g1. Jan Andries Henning * 4-1-1912 en sy vrou Elizabeth Johanna Petronella Henning (gebore Behr) * 18-12-1912 met hul twee kinders Jozeph Johannes Henning * 7-3-1948 (h1.) en Magdalena Henning * 15-10-1951 (h2)
Beskou lys van mense op foto


b5.c1.d3.e1.f1.g1.h1. Prof. Joseph Johannes Henning * 7-3-1948
Beskou lys van mense op foto