Jan Andries Henning |
Voorgeslagte |
Nageslagte |
Foto(s)
|
Genealogiese no. |
|
a2.b5.c1.d3.e1.f1.g1.h1.i1. |
Voorname |
|
Jan Andries |
Van |
|
Henning |
Geslag |
|
Manlik |
Vader |
|
Jozeph Johannes Henning |
Moeder |
|
Wilhelmina Jacoba Zeeman |
# ste kind van vader |
|
1 |
Noemnaam |
|
Jandré |
Geboortedatum |
|
1970-9-23 |
Geboorteplek |
|
Bloemfontein |
Doopdatum |
|
|
Doopplek |
|
|
Sterfdatum |
|
|
Sterfplek |
|
|
|
|
|
Geskiedenis |
Sy noemnaam is Jandré. Hy matrikuleer aan Grey Kollege, Bloemfontein en verwerf die hoogste gemiddeld van sy jaargroep. Hy verower talle pryse waaronder volle akademiese erekleure, boekpryse en erepennings. In 1991 verwerf hy die graad B.Compt (Cum Laude) aan die UOVS en die volgende jaar die B.Compt (Honneurs) en STR. In die proses word verskeie meriete- en Raadsbeurse aan hom toegeken. Hy begin onmiddellik daarna met sy leerklerkskap by Coopers en Lybrand in Bloemfontein, en slaag in 1993 die Kwalifiserende Eksamen van die Openbare Rekenmeesters en Ouditeursraad. In 1995 voltooi hy sy leerklerkskap en kwalifiseer en word geregistreer as ’n geoktrooieerde rekenmeester en ouditeur van die SA Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (GR (SA)). Hy is tans ’n senior ouditbestuurder by Price-Waterhouse Coopers in Bloemfontein.
Haar noemnaam is Andri. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein en studeer daarna aan die UOVS waar sy in 1994 die graad B.SocSc verwerf. In 1996 verwerf sy haar HOD (Pre-Primêr) aan UNISA. Sy is tans ’n onderwyseres by die Martie du Plessis Skool vir liggaamlik-gestremde leerlinge in Bloemfontein.
|
|