Johannes Christiaan Henning |
Voorgeslagte |
Nageslagte |
Foto(s)
|
Genealogiese no. |
|
a2.b6.c3.d3.e4. |
Voorname |
|
Johannes Christiaan |
Van |
|
Henning |
Geslag |
|
Manlik |
Vader |
|
Jan Adriaan Venter Hendrik Henning |
Moeder |
|
Johanna Christina Grobler |
# ste kind van vader |
|
4 |
Noemnaam |
|
Johannes Christiaan |
Geboortedatum |
|
1858-6-28 |
Geboorteplek |
|
Albert |
Doopdatum |
|
1858-9-12 |
Doopplek |
|
Burgersdorp |
Sterfdatum |
|
1935-1-14 |
Sterfplek |
|
Marken |
|
|
|
Geskiedenis |
Hoewel hy Johannes Christiaan gedoop is, dui verskeie ander dokumente sy naam as JOHAN CHRISTIAAN aan. Sy eerste eggenote is met die geboorte van hulle derde kind oorlede. Haar ouer suster is met sy vader se jonger broer, Johannes Christiaan (b6.c3.d9.) getroud. Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog 1899 - 1902 woon hulle op die plaas Wimmersbaken, Burgersdorp. Hy sluit as 'n Kaapse Rebel by die Boeremagte aan, dog word op 7-6-1901 by Ruigtevlei krygsgevangene geneem en te Bermuda aangehou. As burger van die Kaap van Goeie Hoop word Johannes Christiaan op 23-8-1901 deur ’n spesiale kommissie wat deur die Kaapse regering aangestel is, aan hoogverraad skuldig bevind, weens sy simpatie en hulpverlening aan die Boeremagte van die Vrystaatse Republiek tydens die oorlog. Sy vonnis was dat hy vir ’n tydperk van vyf jaar nie vir enige openbare amp verkies mag word of in enige sodanige verkiesing mag stem nie. Sy seun Jan Adriaan (f1.) en sy broer Jan Adriaan (e5.) is op dieselfde dag aan soortgelyke oortredings skuldig bevind.
|
|