Geskiedenis |
Tjaart se eerste vrou, Janet Sophia, het drie kinders by haar eerste man gehad, toe hy met haar getroud is. Tjaart het die plaas besit waar die Bon-Accorddam vandag is. Mettertyd trek hulle na die plaas Kirstenbosch, in die Marken distrik. Tjaart het sewe kinders by sy derde vrou, Gertruida, gehad toe sy op 37-jarige ouderdom vermoor is deur ‘n swart prisonier, wat pas uit die Pietersburgtronk vrygelaat is. Hy het die nag van 4 Februarie 1944 by die Henning plaashuis ingebreek. Gertruida het hom skynbaar betrap en hy het haar geskiet met ‘n haelgeweer, wat hy die vorige nag op ‘n buurplaas gesteel het. Tjaart en sy sestienjarige dogter, Martha Johanna (g5) het hierna die kinders grootgemaak. Nadat al die kinders die huis verlaat het, het Martha op 31-jarige ouderdom eers in die huwelik getree.
|
|