Francois De La Rey Henning
 Voorgeslagte |  Nageslagte |  Foto(s)
Genealogiese no.  a2.b1.c6.d3.e11.f3.
Voorname  Francois De La Rey
Van  Henning
Geslag  Manlik
Vader  Cornelis Belsazar Henning
Moeder  Susanna Francina Fouche
# ste kind van vader  3
Noemnaam  Francois De La Rey
Geboortedatum  1914-12-8
Geboorteplek  Swartfontein, Zastron
Doopdatum  
Doopplek  
Sterfdatum  2009-11-12
Sterfplek  Fochville
Huwelike
No. Naam Datum Plek Nota
1 Aletta Elizabeth Van Der Walt  1943-10-2  Johannesburg   
2 Maria Elizabeth Buys  1970-9-18  Benoni   
Kinders
No. Naam Geslag Ander ouer Geboortedatum Sterfdatum
1 Cornelius Belthaser Henning Manlik  Aletta Elizabeth Van Der Walt  1944-4-9  
2 Francois Delarey Henning Manlik  Aletta Elizabeth Van Der Walt  1947-4-25  
3 Petrus Henning Manlik  Aletta Elizabeth Van Der Walt  1950-6-17  2021-3-4
Geskiedenis
Frans is gebore op die plaas Swartfontein in die Zastrondistrik. Toe hy 14 jaar oud was, is sy pa oorlede op die diamantvelde van Lichtenburg. As gevolg van sy pa se afsterwe het Frans in ‘n weeshuis beland waar hy bitter swaar gekry het. Maar hy het gedroom dat hy eendag ‘n groot skrywer sal word.
Nadat hy die skool verlaat het na hy net standerd 8 gemaak het, het hy onder andere vir die SA Polisie gewerk en begin poësie skryf. ‘n Hele paar van sy gedigte het destyds in Die Brandwag verskyn. As gevolge hiervan is hy deur Olaf Andresen (die komponis van “Die Heidelied” en “My Hart Verlang Na Die Boland”) genader om die lirieke vir Andresen se nuwe komposisies te skryf. Dit het gelei tot ‘n lang vriendskap met Andresen. ‘n Paar van hulle liedjies is wel gepubliseer, soos “Die Poskoets” (gesing deur Amanda Hall) wat mens gereeld in die SAUK se uitsendings gehoor het. Daar was ook ander komposisies, soos “Die Windjie Is Ek” wat vandag in vergetelheid verval het.
Frans was altyd ‘n vurige Afrikaner en was tydens die tweede wêreldoorlog ‘n aktiewe lid en offisier in die Ossewa Brandwag. Hier het hy advokaat B.J. Vorster ontmoet wat later President van SA geword het. Hy het ‘n briefwisseling met Vorster begin en van die briewe het in die hande van die destydse Sap-regering beland. Beide hy en Vorster is vir ‘n tyd lank geïnterneer in Koffiefontein terwyl die regering hulle aktiwiteite ondersoek het. Frans is na ‘n kort tydjie vrygestel toe daar geen klagtes teen hom gebring kon word nie.
Hy het vir die grootste deel van sy lewe gewerk as proefleser by verskeie koerante (soos Dagbreek en Sondagnuus) en uitgewers, waarskynlik omdat die Afrikaanse taal altyd sy sterk punt was. Hy kon elke Afrikaanse woord in die woordeboek foutloos spel.
Maar Frans het ‘n ander droom gehad: Om terug te keer na Zastron, waar so baie Hennings diep wortels het, en ‘n suksesvolle boerdery te begin. In 1959 het hy ‘n plasie op die oewer van die Oranjerivier naby Zastron gekoop. Sy basiese plan was goed: Om lusernlanderye aan te plant wat hy sou besproei uit die Oranje. Mits jy goeie besproeiing het, kan jy ‘n redelike lewe maak uit lusern — selfs op ‘n relatiewe klein plasie. Sy probleem was onvoldoende kapitaal. Hy kon nooit die nodige pompe en masjienerie bekostig om sy droom te verwesentlik nie. In 1962 het sy poging misluk en het hy teruggetrek stad toe.
Min of meer hierdie tyd is hy van sy eerste vrou geskei. In 1970 trou hy met sy tweede vrou, Maria Elizabeth Buys.
Voorgeslagte
/¯¯ Johannes Stephanus Henning
/¯¯ Pieter Hendrik Henning
\__ Maria Catharina Botha
/¯¯ Cornelis Belsazar Henning
/¯¯ Cornelis Belthasar Naude
\__ Maartjie Elizabeth Jacoba Naude
\__ Elizabeth Catharina (Onbekend)
Francois De La Rey Henning
/¯¯ {mvvName}
/¯¯ {mvName}
\__ {mvmName}
\__ Susanna Francina Fouche
/¯¯ {mmvName}
\__ {mmName}
\__ {mmmName}
V = Vader  |  M = Moeder
Nageslagte
Francois De La Rey Henning a2.b1.c6.d3.e11.f3.
    Cornelius Belthaser Henning  a2.b1.c6.d3.e11.f3.g1.
        Reyco Henning  a2.b1.c6.d3.e11.f3.g1.h1.
        Jolette Delene Henning  a2.b1.c6.d3.e11.f3.g1.h2.
        Anél Henning  a2.b1.c6.d3.e11.f3.g1.h3.
    Francois Delarey Henning  a2.b1.c6.d3.e11.f3.g2.
        Francois Henning  a2.b1.c6.d3.e11.f3.g2.h1.
        Margery Aesja Henning  a2.b1.c6.d3.e11.f3.g2.h2.
        Delarey Henning  a2.b1.c6.d3.e11.f3.g2.h3.
    Petrus Henning  a2.b1.c6.d3.e11.f3.g3.
        Minette Henning  a2.b1.c6.d3.e11.f3.g3.h1.
        Ruan Henning  a2.b1.c6.d3.e11.f3.g3.h2.
Fotos

b1.c6.d3.e11.f3. Francois de la Rey Henning * 8-12-1914 (regs) saam met sy seun Francois de la Rey Henning * 25-4-1947 (g2), kleinseun Francois * 10-11-1976 (h1) en agterkleindogter Daniélle * 18-11-1999 (i1)
Beskou lys van mense op foto


b1.c6.d3.e11.f3. Francois de la Rey Henning *8-12-1914 en sy broer, Hermanus Johannes *5-12-1919 (f5)
Beskou lys van mense op foto


a2.b1.c6.d3.e11.f3. Francois de la Rey Henning *8-12-1914 en sy eerste vrou, Aletta Elizabeth van der walt *27-8-1921, saam met haar ouers - name ongelukkig onbekend
Beskou lys van mense op foto


Vier broers:v.l.n.r.: a2.b1.c6.d3.e11.f1. Pieter Hendrik Henning *3-9-1910, Francois de la Rey Henning *8-1-1914 (f3), Hermanus Johannes Henning *5-12-1919 (f5) en Cornelis Belthazer Naude Henning *17-4-1917 (f4)
Beskou lys van mense op foto