Geskiedenis |
Cornelis Belsazar Henning was nog nie eens veertien jaar oud toe die Anglo Boere-oorlog uitgebreek het. Toe sy pa, Pieter Hendrik Henning *30-7-1840 by die Rouxville Kommando aansluit, het die veertienjarige Cornelis sy pa vergesel, hoewel sy naam nie in die kommandolyste opgeneem is nie. Daar is egter stawende bewyse — briewe deur die Adjudant van die Rouxville Kommando en ‘n burger P W Vogel — dat hy aan die slag by die Aliwal-Noord brug op 10 Maart 1900 deelgeneem en deur skrapnel verwond is.
Tydens die geveg is sy pa se perd deur ‘n kartets in die hoef getref. Cornelis moes dus sy pa ook op sy perd laai en op die vlug slaan. Hy het dus sy pa se lewe gered.
Soos sy pa, is Cornelis ook deur die Britse magte gevang. Sy pa is na die krygsgevangenekamp op die eiland St Helena gestuur, terwyl Cornelis na Jamestown gestuur is om verpleeg en daar opgesluit te word.
Na die oorlog moes hy te voet vanaf Jamestown terugstap na hulle plaas, Palmietfontein in die Rouxville/Zastron distrik. As gevolg van ontberinge het sy familie hom amper nie herken nie. Die wondmerk aan sy linkerslaap was tot sy dood duidelik sigbaar.
Hy het mettertyd die plaas Riviergesig, in die Zastrondistrik bekom waar hy ‘n welvarende melkboerdery bedryf het.
Gedurende die 1920’s het dinge op die plaas skynbaar nie meer so goed gegaan nie en besluit hy om sy geluk op die diamantvelde Noord van Kimberley te gaan beproef. Hy laat sy vrou en kinders agter op Riviergesig. Gedurende November 1926 ontvang sy vrou ‘n boodskap dat hy op 17 November 1926 te Lichtenburg oorlede is.
|
|