Geskiedenis |
Willie, of Toppie soos hy genoem word, is te Lady Brand in die Vrystaat gebore. Op 16-jarige ouderdom ontval sy vader hulle. Hy matrikuleer gedurende 1968 aan die Oos-Moot Hoërskool, Pretoria en ondergaan sy militêre diensplig gedurende 1969 by die Artillerieskool, Potchefstroom. Na diensplig begin hy studeer by die Universiteit van Pretoria. Hy begin werk by die Döhne Landbounavorsingstasie in die Oos-Kaap en vestig hom in 1977 op die skilderagtige dorpie, Stutterheim. In sy navorsing spits hy hom veral toe op voedingsbehoeftes en vroegspeen van plaasdiere. In Julie 1977 trou hy met Joyce van der Kolf, 'n onderwyseres van Ermelo, hoewel haar ouers oorspronklik van Vredenburg, aan die Weskus afkomstig was.
|
|