Geskiedenis |
Philippus Arnoldus het op 10 jarige ouderdom saam met sy ouers op die plaas Damfontein (kyk fotos in foto-album), in die Barnardspruit Wyk (latere Aliwal-Noord) aangekom. Hy bring die res van sy kinderjare hier deur. Na sy troue gaan woon hy op die plaas Waterval, waar hy en sy vrou tot en met hulle dood woon.
As burgers van die Kaap van Goeie Hoop, word hy en drie van sy seuns (d6., d8. en d10.) op 15-5-1902 deur 'n spesiale kommissie wat deur die Kaapse Regering aangestel is, aan hoogverraad skuldig bevind. Hulle skuldigbevinding spruit voort uit hulle simpatie en hulpverlening aan die Boeremagte van die Vrystaatse Republiek tydens die Tweede Vryheidsoorlog 1899-1902. Hulle vonnis was dat hulle vir 'n tydperk van vyf jaar nie vir enige openbare amp verkies mag word of in enige sodanige verkiesing mag stem nie.
|
|