Gerhardus Francois Henning |
Voorgeslagte |
Nageslagte |
Foto(s)
|
Genealogiese no. |
|
a2.b7.c7.d2. |
Voorname |
|
Gerhardus Francois |
Van |
|
Henning |
Geslag |
|
Manlik |
Vader |
|
Philippus Arnoldus Henning |
Moeder |
|
Petronella Christina Dempsey |
# ste kind van vader |
|
2 |
Noemnaam |
|
Gert of Gert Frans |
Geboortedatum |
|
1855-10-24 |
Geboorteplek |
|
Waterval, Aliwal-Noord |
Doopdatum |
|
|
Doopplek |
|
|
Sterfdatum |
|
1897-5-23 |
Sterfplek |
|
Pietersburg |
|
|
|
Geskiedenis |
Hy is ook as Gert Frans bekend. Gert Frans boer op die plaas Hillbury, naby Dordrecht. Sy eerste eggenote, wat sy eie niggie was, word op 21 jarige ouderdom deur ’n mak Boesman vermoor. Gedurende 1892 vertrek hy met twee waens vol mielies na Suid-Rhodesië (Zimbabwe). Op ’n stadium het hy £400 (pond) vanaf Bulawayo na sy broer Jan (d6.) gestuur. Die laaste wat van hom gehoor is, was dat hy steenkool vanaf Umtali na Bulawayo gery het. Na twee jaar is hy vermis en is daar nooit weer iets van hom gehoor nie. Volgens oorlewering het Gert ’n horlosie van sy broer Jan (d6.) gekry. Baie jare nadat hy vermis geraak het, het ’n afgetrede Vrederegter van Rhodesië aan Gert se dogter Petronella (e4.) vertel van ’n horlosie wat hy by ’n swart stamkaptein gekry het. Die voorletters J.J.H. was daarop gegrafeer. Dit is die voorletters van Gert se broer Jan (d6.) wat die horlosie aan hom gegee het. Die familie het vermoed dat Gert Frans in Rhodesië vermoor is. 'n Jaar nadat hy in 1892 na Rhodesië vertrek het, het sy vrou Susanna in 1893 egter van hom geskei. Weens sy omswerwinge as 'n transportryer het hy bevriend geraak met Maria Susanna Vorster van Pietersburg. 'n Baba word vir hulle gebore op 20 Junie 1895 en hulle trou op 1 Augustus 1895 in die Landdroshof op Pietersburg. Hy sterf egter op 23 Mei 1897 te Pietersburg.
|
|