Geskiedenis |
Johanna Elizabeth was as jong meisie saam met haar moeder in die Aliwal-Noord Konsentrasiekamp tydens die Tweede Vryheidsoorlog 1899 - 1902. Philip het as ’n Kaapse rebel aan die oorlog deelgeneem. Na die oorlog is hy saam met sy vader en twee van sy broers (d6. en d8.) aan Hoogverraad skuldig bevind, weens die hulp wat hulle aan die Boeemagte tydens die oorlog verleen het. Lees hulle lot, soos uiteengesit by sy vader. Hulle sterf 'n jaar na mekaar en laat vier weeskinders, waarvan die ouderdomme wissel tussen 15- en 6 jaar, agter. Die kinders gaan woon eers vir 'n tydlank by hul oupa en ouma Henning, aan pa se kant en daarna by hul ma se broer, b1.c6.d3.e9. Johannes Stephanus Henning van Rouxville
|
|