Olof Abraham Henning
 Voorgeslagte |  Nageslagte |  Foto(s)
Genealogiese no.  a2.b1.c3.d10.e4.
Voorname  Olof Abraham
Van  Henning
Geslag  Manlik
Vader  Christiaan Rudolf Henning
Moeder  Anna Christina Vorster
# ste kind van vader  4
Noemnaam  Olof Abraham
Geboortedatum  1872-3-30
Geboorteplek  
Doopdatum  1872-5-26
Doopplek  Rouxville
Sterfdatum  1954-9-4
Sterfplek  Roodeplaat, Zastron
Huwelike
No. Naam Datum Plek Nota
1 Susara Wilhelmina Henning    Rouxville   
Kinders
No. Naam Geslag Ander ouer Geboortedatum Sterfdatum
1 Baltrina Frederika Henning Vroulik  Susara Wilhelmina Henning    1983-12-25
2 Anna Christina Henning Vroulik  Susara Wilhelmina Henning    
3 Susara Wilhelmina Henning Vroulik  Susara Wilhelmina Henning    
4 Olofina Henning Vroulik  Susara Wilhelmina Henning    
5 Elsie Henning Vroulik  Susara Wilhelmina Henning    
6 Christiaan Rudolf Henning Henning Manlik  Susara Wilhelmina Henning  1909-7-6  1949-7-9
Geskiedenis
Tydgenote van Olof Abraham Henning van die plaas Roodeplaat, Zastron, het graag vertel van die legendariese liggaamskrag waaroor oom Oelf, soos hy in die omgang bekend was, beskik het. Daar is onder andere vertel dat self jong beeste wat gebrandmerk moes word, vasgedruk het, sodat die werkers die taak kon uitvoer. By geleentheid het hy grootliks daartoe bygedra dat 'n groterige wa, wat in die modder vasgeval het, uitgestoot is, tot groot verbasing van die toeskouers. Oom Oelf het buitengewoon groot hande gehad en het as persoon 'n bonkige sterk figuur geslaan. Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog 1899 - 1902 dien hy in die Ruxville Kommando - Vechtkop Veldkornetskap, maar word 30 Julie 1900 saam met ongeveer 4 000 burgers van die gevegsmag van Genl Prinsloo by Fouriesburg krygsgevangene geneem en in die Krygsgevangenekamp te Ceylon aangehou. In die Diyatalawa Krygsgevangenekamp, Ceylon, was hy bekend vir allerlei kragtoere, waarvan nog lank vertel was na die sluiting van vrede in 1902. Hy was die kampioen vinger-ooptrek en handpalmdrukker in die krygsgevangenekamp. Hy was 'n man van min woorde, maar wanneer hy gepraat het, het sy lae toon dreunstem, gesag afgedwing en sy patriargale figuur nog duideliker beklemtoon. Sy gevangeneming saam met Genl Prinsloo se gevegsmag, deur die Britse magte, was vir hom 'n groot vernedering.Nog 'n saak wat hom teen die bors gestuit het, maar wat hy onder protes wel moes doen, was die ondertekening van 'n dokument in Diyatalawa, na die Vrede van Vereeniging in 1902, deur middel waarvan hy onderneem het om getrou te wees aan die Britse regering. Terug op Roodeplaat, Zastron, boer hy stilweg voort. In 1918 maak hy beswaar toe die firma "The Smithfield Cold Storage and Export Co of South Africa, Ltd" t.g.v. hom 'n Engelstalige aandelesertifikaat uitgereik het. Hy het daarop aangedring dat hy 'n aandelesertifikaat in Afrikaans wil hê. Die firma moes toegee en ons kan vandag sê dat oupa Olof op sy manier 'n stryd gevoer het vir die regte van Afrikaans.
Voorgeslagte
/¯¯ Johannes Gerhardus Henning
/¯¯ Jan Hendrik Henning
\__ Martha Magdalena Nienaber
/¯¯ Christiaan Rudolf Henning
/¯¯ Jacobus Du Plessis
\__ Anna Magdalena Du Plessis
\__ Petronella Magdalena (Onbekend)
Olof Abraham Henning
/¯¯ {mvvName}
/¯¯ Olof Abraham Vorster
\__ {mvmName}
\__ Anna Christina Vorster
/¯¯ {mmvName}
\__ Elsje Swanepoel
\__ {mmmName}
V = Vader  |  M = Moeder
Nageslagte
Olof Abraham Henning a2.b1.c3.d10.e4.
    Baltrina Frederika Henning  a2.b1.c3.d10.e4.f1.
    Anna Christina Henning  a2.b1.c3.d10.e4.f2.
    Susara Wilhelmina Henning  a2.b1.c3.d10.e4.f3.
    Olofina Henning  a2.b1.c3.d10.e4.f4.
    Elsie Henning  a2.b1.c3.d10.e4.f5.
    Christiaan Rudolf Henning Henning  a2.b1.c3.d10.e4.f6.
        Olof Abraham Henning  a2.b1.c3.d10.e4.f6.g1.
        Anna Susanna Henning  a2.b1.c3.d10.e4.f6.g2.
Fotos

Olof Abraham Henning * 30-3-1872 en eggenote b1.c6.d6.e3. Susara Wilhelmina Henning * 14-5-1874
Beskou lys van mense op foto


Die Rouxville en Zastron Hennings in die Diyatalawa krygsgevangenekamp, Ceylon op 8 Maart 1901. Herkenbaar op die foto: Voorste ry, heel links b1.c3.d10.e8. Hans Henning; Voorste ry, middel b1.c3.d7.e9. Nicolaas Johannes Henning; Middel, heel links b1.c3.d10.e3. Jan Hendrik (Jan Klaarwater) Henning; Middel, tweede van regs b1.c3.d10.e7. "Christiaan Rudolf (Chrisjan Houtbeen) Henning; Middel, heel regs b1.c3.d10.e4. Olof Abraham (Oelf) Henning; Agter, heel regs b1.c3.d10.e9. Hennie Henning
Beskou lys van mense op foto


'n Kykie in die lewe van die Boere krygsgevangenes in die Diyatalawa kamp, Ceylon. Die inwoners van hut 37. Heel links met boek op skoot b1.c3.d10.e4. Olof Abraham Henning; Tweede van links, staande met pet op b1.c3.d10.e3. Jan Klaarwater Henning; Heel regs, sittende met wit hemp en pet op kop b1.c3.d10.e9. Hennie Henning; Heel regs, staande b1.c3.d10.e8. Johannes Gerhardus Henning
Beskou lys van mense op foto