Michiel Wilhelm Henning
 Voorgeslagte |  Nageslagte |  Foto(s)
Genealogiese no.  a2.b1.c6.d14.e5.
Voorname  Michiel Wilhelm
Van  Henning
Geslag  Manlik
Vader  Christiaan Rudolf Jacobus Henning
Moeder  Anna Maria Gertruida Smith
# ste kind van vader  5
Noemnaam  Michiel Wilhelm
Geboortedatum  1894-10-27
Geboorteplek  Rouxville
Doopdatum  
Doopplek  
Sterfdatum  1962-3-1
Sterfplek  Pretoria
Huwelike
No. Naam Datum Plek Nota
1 Susara Johanna Van Rooyen  1930  Pretoria   
Kinders
No. Naam Geslag Ander ouer Geboortedatum Sterfdatum
1 Helene Marié Henning Vroulik  Susara Johanna Van Rooyen  1934-7-23  
2 Lucia Marguerite Henning Vroulik  Susara Johanna Van Rooyen  1937-3-19  
Geskiedenis
Hy studeer aan die Victoria Kollege, Stellenbosch en Grey Universiteitskollege, Bloemfontein en ontvang gedurende 1915 'n studiebeurs om aan die Royal Veterinary College in Dublin te studeer. In 1919 behaal hy die MRCVS en verower ook die Fitz Wigram-prys wat jaarliks aan die twee beste studente in Veeartsenykunde in die VK toegeken word. In 1921 keer hy terug na Suid-Afrika en praktiseer 'n tydjie as staatsveearts op Utrecht in Natal, waarna hy na Onderstepoort oorgeplaas word en ook as lektor in Anatomie in die Fakulteit Veeartsenykunde aan die Transvaalse Universiteitskollege, Pretoria optree. In 1925 word hy tot hoogleraar in Veeartsenykunde in die Fakulteit Landbou benoem, waar hy tot en met sy aftrede in 1954 werksaam is. Vanaf 1930 word spesiale navorsingsfasiliteite by Onderstepoort tot sy beskikking gestel en spits hy hom veral toe op die Salmonella bakterieë en kalwersiekte. Hy ontwikkel 'n nuwe entstof teen kalwerparatifus. Sy uiters geslaagde handboek "Animal diseases in South Africa" wat wye internasionale erkenning verkry, word in 1932 gepubliseer. In 1951 volg "Die Kalf", 'n boek wat handel oor die grootmaak van en siekte by kalwers. In 1933 val die eer hom te beurt om tot lid van die "Academie Veterinaire de France" verkies te word en die jaar daarna word 'n Rockefeller Foundation Fellowship aan hom toegeken. In 1937 word hy tot lid van die Internasionale Mikrobiologiese Komitee (Kopenhagen) verkies. In 1952 word 'n studiebeurs deur die Vleis- en Suiwelbeheerraad vir 'n studiereis aan hom toegeken. Die jaar daarop word hy lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en in 1961 ontvang hy die Havengaprys vir Geneeskunde.
Voorgeslagte
/¯¯ Johannes Gerhardus Henning
/¯¯ Johannes Stephanus Henning
\__ Martha Magdalena Nienaber
/¯¯ Christiaan Rudolf Jacobus Henning
/¯¯ Johan Andries Botha
\__ Maria Catharina Fredrika Botha
\__ {vmmName}
Michiel Wilhelm Henning
/¯¯ {mvvName}
/¯¯ Hendrik Johannes Smith
\__ {mvmName}
\__ Anna Maria Gertruida Smith
/¯¯ {mmvName}
\__ Rachel Susanna Elizabeth Odendaal
\__ {mmmName}
V = Vader  |  M = Moeder
Nageslagte
Michiel Wilhelm Henning a2.b1.c6.d14.e5.
    Helene Marié Henning  a2.b1.c6.d14.e5.f1.
    Lucia Marguerite Henning  a2.b1.c6.d14.e5.f2.
Fotos

Die eggenote en kinders van b1.c6.d14. Christiaan Rudolf Jacobus Henning * 12-4-1859 in die konsentrasiekamp, Aliwal-Noord, 1902: 1. Mev C van der Merwe, 2. Mev Jan Swanepoel, 3. C Smith, 4. Mev C Smith, 5. Ma M W Rauch, 6. David Smith, 7. Anna Maria Gertruida Henning (gebore Smith) eggenote van CRJ Henning, 8. Dr JH Rauch, 9. HJS Rauch, 10. Rachel Susanna Elizabeth Henning (e1), 11. J Smith, 12. Christiaan Rudolf Henning (e4), 13. Rachie Smith, 14. Hendrik Johannes Henning (e3), 15. Michiel Wilhelm Henning (e5), 16. Hendrik van der Merwe, 17. Willem van der Merwe
Beskou lys van mense op foto


Die kinders van b1.c6.d14. Christiaan Rudolf Jacobus Henning * 12-4-1859 en Anna Maria Gertruida (gebore Smith). Voor: Lourens Jacobus * 9-3-1897 (e6); Hendrik Johannes * 1-5-1891 (e3). Agter: Johannes Stephanus * 7-1-1890 (e2); Rachel Susanna Elizabeth * 12-6-1888 (e1); Christiaan Rudolph * 6-9-1892 (e4); Michiel Wilhelm * 27-10-1894 (e5)
Beskou lys van mense op foto