Jan Christiaan Henning
 Voorgeslagte |  Nageslagte |  Foto(s)
Genealogiese no.  a2.b1.c6.d6.e8.f2.
Voorname  Jan Christiaan
Van  Henning
Geslag  Manlik
Vader  Pieter Hendrik Henning
Moeder  Maria Petronella Elizabeth Weitsz
# ste kind van vader  2
Noemnaam  Jan
Geboortedatum  1918-9-24
Geboorteplek  Rouxville
Doopdatum  
Doopplek  
Sterfdatum  
Sterfplek  
Huwelike
No. Naam Datum Plek Nota
1 Elma Henning  1943-10-16  Oos-London  sterf 1999
Kinders
No. Naam Geslag Ander ouer Geboortedatum Sterfdatum
1 Jan Christiaan Henning Manlik  Elma Henning  1945-3-5  2008-12-23
2 Jacobus Cornelius Henning Manlik  Elma Henning  1946-4-16  
3 Elizabeth Margaret Henning Vroulik  Elma Henning  1951-1-13  
Geskiedenis
Hy en sy tweelingbroer (f1) word gebore onder die sterrebeeld Libra (weegskaal) en 'n weegskaal het in albei van hulle se lewens 'n baie groot rol gespeel. Jan skryf matriek aan die einde van 1936 te Rouxville en sluit vroeg in 1937 aan by die destydse Departement van Naturelle Sake. Hy word gestasioneer by die magistraatskantoor, Hlabisa in Zoeloeland. Daarna word hy verplaas na Nquto, Zoeloeland. Hy slaag die eerste deel van die Staatsdienseksamen in die Regte gedurende 1940. Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog is hy besig met verpligte militêre opleiding in die Umvoti Mounted Rifles. Hy sluit by die SA Lugmag aan, waar hy in 31 Eskader, waar hy tot aan die einde van die oorlog dien. Hy verrig aktiewe operasionele diens as navigator op bomwerpers in Italië. Teikens wat hulle gebombardeer het, was geleë in Italië, Frankryk, Joegoslavië, Oostenryk en Griekeland. Gedurende die oorlog tree hy op 16 Oktober 1943 te Oos-London in die huwelik met Elma Henning. Na die oorlog hervat hy sy werk in die Staatsdiens en word op Melmoth, Zoeloeland gestasioneer, waar hy sy regstudies voltooi en in die magistraatskantoor as Assistant-Magistraat werk. (Die term ‘Landdros’ is nie in die Tuislande gebruik nie). Na Melmoth doen hy diens te Enqcobo (Transkei), Pretoria, Butterworth (Transkei), Vryburg, Taung, Hammanskraal en toe vir vyf jaat as sekretaris van die Ciskeise Departement van Justisie, met die rang van Hoofkommissaris (of Hoofmagistraat). Daarna dien hy as lid van die Appél- en Egskeidingshof, King Williamstown tot en met sy uittrede met pensioen op 1 Oktober 1978. Hierna verhuis hulle na George. Hy het gedurende sy loopbaan duisende hofsake verhoor en ook dikwels as assesor in die Hooggeregshof gesit. Hy het in sy jonger dae tennis, pluimbal en gholf gespeel, en gehengel.
Voorgeslagte
/¯¯ Johannes Stephanus Henning
/¯¯ Jan Hendrik Rudolf Henning
\__ Maria Catharina Botha
/¯¯ Pieter Hendrik Henning
/¯¯ {vmvName}
\__ Baltrina Fredrika Botha
\__ {vmmName}
Jan Christiaan Henning
/¯¯ {mvvName}
/¯¯ {mvName}
\__ {mvmName}
\__ Maria Petronella Elizabeth Weitsz
/¯¯ {mmvName}
\__ {mmName}
\__ {mmmName}
V = Vader  |  M = Moeder
Nageslagte
Jan Christiaan Henning a2.b1.c6.d6.e8.f2.
    Jan Christiaan Henning  a2.b1.c6.d6.e8.f2.g1.
        Denton Dean Henning  a2.b1.c6.d6.e8.f2.g1.h1.
        Elana Henning  a2.b1.c6.d6.e8.f2.g1.h2.
        Jan Henning  a2.b1.c6.d6.e8.f2.g1.h3.
    Jacobus Cornelius Henning  a2.b1.c6.d6.e8.f2.g2.
        Marlene Henning  a2.b1.c6.d6.e8.f2.g2.h1.
        Christo Henning  a2.b1.c6.d6.e8.f2.g2.h2.
    Elizabeth Margaret Henning  a2.b1.c6.d6.e8.f2.g3.
Fotos

a2.b1.c6.d6.e8. Pieter Hendrik Henning *17-9-1884 se eggenote, Maria Petronella Elizabeth Henning (gebore Weitsz) *21-5-1893 en haar ses kinders in 1934 by die graf van haar man. V.l.n.r.: Charel George Weitsz Henning *26-10-1922 (f4); Pieter Hendrik Henning *25-11-1920 (f3); Jan Hendrik Roedolf Henning *24-9-1918 (f1); Jan Christiaan Henning *24-9-1918 (f2); ma Maria; Anna Johanna Henning *23-4-1925 (f5) en Theodorus Ernst Cornelius Henning *3-9-1929 (f6)
Beskou lys van mense op foto