Geskiedenis |
Hy boer op die plaas Kransvoëlvlei (ook genoem Kraanvogelvlei of Kransvogelvlei) in die Bloemfontein (latere Dewetsdorp) distrik. Na die dood van sy eerste vrou in 1898, trou hy weer met die weduwee Anna Sophia Weideman (gebore Roux). Behalwe die sewe kinders by sy eerste vrou, het hy nou ook die stiefpa geword van sy tweede vrou se drie kinders by haar eerste man. Hy en Anna Sophia het na hul huwelik ook twee kinders gehad, waarvan die jongste in die konsentrasiekamp, Bethulie gebore is. Gedurende die Anglo Boere-oorlog word hy saam met sy vrou en verskeie van sy kinders en stiefkinders in die Bethulie Konsentrasiekamp aangehou
|
|