Geskiedenis |
Hy is vermoedelik op die plaas Geelbeksfontein, wyk Zeekoeirivier, distrik Somerset gebore, want sy ouers se belastingopgawe vir 1810 is hier opgeneem. Hierdie plaas lê 12 kilometers oos van die huidige Noupoort. Hy was 'n trekboer wat voortdurend na beter weivelde vir sy vee gesoek het, hoewel hy op Jakkalsfontein, 'n buurplaas van Geelbeksfontein oorlede is.
|
|