Ten tye van die Tweede Vryheidsoorlog 1899 - 1902 woon hulle op die plaas Kalkfontein in die Lichtenburgdistrik. Later boer hy op die plaas Lelie, distrik Ventersdorp. Gedurende die oorlog dien hy in die Lichtenburg Kommando onder Vdkt Izak Claassen en Kmdt H Vermaas. Die kommando vorm deel van Genl De la Rey se gevegsmag aan die Westelike front. Hy neem deel aan gevegte by Mafeking, Kraaipan, Vryburg, Veertienstrome en Bloemhof/Kimberley. Hy dien tot aan die einde van die oorlog. Gedurende die oorlog is sy eerste eggenote en hul oudste dogtertjie in die Mafeking Konsentrasiekamp aangehou.