Hulle boer op die plaas Rietfontein in die Ohrigstad distrik. Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog dien hy in die Lydenburg Kommando, dog word by die slag van Rietfontein op 16-4-1901 krygsgevangene geneem en te Indië aangehou. Sy en hul sewe oudste kinders word in die Belfast Konsentrasiekamp aangehou, waar twee van hulle kinders sterf.