Geskiedenis |
Naas was 'n Raadgewende Siviele Ingenieur wat met die bou van talle bruê, paaie, stormwaterstelsels, ensovoorts, verskeie pryse losgeslaan het. Hy het ook die twee huise waarin hulle as gesin gewoon het self ontwerp. Hy was ook 'n gekwalifiseerde kommersiële vlieënier. As 'n kranige fietsryer het hy die bekende Cape Argus fietswedren meer as tien keer voltooi. Hy word deur sy kinders onthou as 'n wonderlike pa en rolmodel, asook 'n liefdevolle man vir sy vrou. Hy was 'n voorbeeld van integriteit en deernis, 'n lojale vriend en 'n storieverteller van formaat. Hy was 'n suksesvolle sakeman en het graag visgevang en gejag. Naas was maar 61-jaar oud toe hy weens akute leukemie gesterf het. Sy eggenote, Marina, was 'n mediese dokter wat vir meer as dertig jaar lank in Pierre van Ryneveld, Centurion gepraktiseer het
|
|