Geskiedenis |
Beyers was ‘n skrander kind, want aan die begin van 1953, op die ouderdom van vyf jaar en twee maande word hy toegelaat om skool te begin gaan by die Laerskool Newlands, Johannesburg. Hy doen rumatiekkoors op en word aangeraai om nie weer sport te beoefen nie. Na ‘n tyd het hy egter weer begin swem, rugby speel en gimnastiek doen. Na skool doen hy sy Nasionale Diensplig by die Seinkorps en word vir leieropleiding gekeur en later aangewend. Na sy diensplig begin hy werk by die Roodepoort munisipaliteit, maar studeer terselfdertyd B Com. Sport bly sy voorliefde en hy speel rugby vir die Roodepoort Rugbyklub. Verder kwalifiseer hy as tuimelafrigter in gimnastiek. Hy trou met Aletta Coetzee en saam het hulle drie dogters, Belinda, Theresa en Zelda. Hy begin studeer in Homopatie. Nadat hy gekwalifiseer het, praktiseer hy in Fairlands, Johannesburg en Bergbron, Roodepoort. Hy praktiseer tot ouderdom 70, toe hy vinnig dementia begin opdoen. Vanaf die begin van 2019 verswak hy baie vinnig, maar sterf uiteindelik van veelvuldige orgaanversaking
|
|