Caron Campton |
Voorgeslagte |
Nageslagte |
Foto(s)
|
|
|
|
Geskiedenis |
Gebore in Benoni en verhuis op jong ouderdom na Port Elizabeth. Gaan skool by Westleigh Primêre skool en matrikuleer by Alexanderweg Hoërskool in 1985. Sy is baie lief vir musiek en speel orrel en tromboon. Verwerf Nasionale Diploma in Diagnostiese Radiografie deur die Port Elizabeth Tegnikon aan die einde van 1988 en trou met Alan Henning. Werk vir een jaar in Oos Londen by Frere Hospitaal en vir 2 jaar in Uitenhage by Dr Vosloo en vennote as radiografis. Stop werk toe Tyla haar eerste kind gebore is en bly tuis om kinders groot te maak. Werk deeltyds in man se apteek van 1997 tot 2000 in administratiewe rol en later by Klinipharm apteek en doen deeltyds locum sessies as radiografis by Walmer Medicross se X- straal afdeling. Verhuis in 2004 na Worcester en begin in 2008 voltyds werk by Worcester Hospitaal as radiografis. Verwerf sertifikaat in Mammografie deur Cape Peninsula University of Technology in 2010. Is in beheer van kwaliteitsversekering in departement, asook die mammografie afdeling en werk tans nog as ‘n senior radiografis by Worcester hospitaal.
|
|