Geskiedenis |
Gert Frans word groot op die plaas Damfontein. As jong man het hy, soos sy voorsate, sy wa gepak en sy eie plaas dieper die binneland in gaan soek. Hy vestig hom op die plaas "Mertoun" in die Rhodes distrik. Mettertyd brei hy ook uit na die plaas "Risler" in die Maclear distrik. Hy en sy eggenote woon die res van hulle lewens hier. Beide plase is vandag nog in besit van sy nasate. Hy, sowel as sy eggenote is aan kanker oorlede.
Na sy vroeë dood in 1916 besluit sy vrou, Sannie om van Mertoun te verhuis na Risler, terwyl hul oudste seun, Olivier (Tok) op Mertoun agterbly. Sy was 'n klein, fyn vroutjie en moes alleen en in hierdie onherbergsame wêreld, hulle elf kinders grootmaak - wat sy met groot sukses gedoen het.
|
|