John Brown Henning
 Voorgeslagte |  Nageslagte |  Foto(s)
Genealogiese no.  a2.b7.c8.d5.e7.
Voorname  John Brown
Van  Henning
Geslag  Manlik
Vader  Gert Frans Henning
Moeder  Susannah Catharina Maartens
# ste kind van vader  7
Noemnaam  John
Geboortedatum  1902-8-17
Geboorteplek  Maclear
Doopdatum  
Doopplek  
Sterfdatum  1958-8-23
Sterfplek  Confluence, Maclear
Huwelike
No. Naam Datum Plek Nota
1 Aletta Maria Van Straten       
Kinders
No. Naam Geslag Ander ouer Geboortedatum Sterfdatum
1 Johanna Christina Henning Vroulik  Aletta Maria Van Straten  1933-2-11  
2 Susanna Catharina Henning Vroulik  Aletta Maria Van Straten  1935-9-28  
3 Laetitia Henning Vroulik  Aletta Maria Van Straten  1943-2-13  
4 John Brown Henning Manlik  Aletta Maria Van Straten  1946-6-25  
Geskiedenis
John Brown Henning was die sewende seun in 'n gesin van elf kinders. Toe hy ongeveer 8 jaar oud was sterf sy pa aan maagkanker. Sy ma, Sannie het daarna besluit om met haar kinders van hulle plaas, Mertoun in die Rhodes distrik te verhuis na die plaas Risler, in die Maclear distrik. Die gesin het met twee waens oor Naudesnek in die Drakensberge afgetrek na Maclear. Sy oudste broer, Tok (Olivier) het agtergebly op Mertoun. Sy ouer broer, Hendrik het saam met ma Sannie en die vier jongste kinders gery en broer Frans was in beheer van die ander wa met die ouer seuns van wie John Brown die jongste was. Frans het baie jare later vertel dat terwyl hulle nog so gery het, het John na hom gekom en gesê dat hy honger was. Frans het 'n gevoel van magteloosheid ervaar, want daar was geen kos by hulle op die wa nie, maar toe hy so opkyk na die berg, sien hy 'n klomp braambosse vol ryp brame. Hy het die wa net daar gestop en die klomp seuns het almal eers heerlik brame ge-eet.

Ma Sannie was 'n klein fyn vroutjie en om 11 kinders alleen groot te maak moes 'n oorweldigende moeilike taak gewees het. John en sy broers het waarskynlik dus van jongsaf geleer om selfstandig en innoverend te wees.

Toe John op ongeveer dertigjarige ouderdom getrou het, het hy reeds sy eie afdelingswinkel gehad. Die volgende storie wat John, met so 'n stoute laggie vertel het, illustreer die aard van sy huwelik met Aletta Maria van Straten goed. "Nadat ek met julle ma getroud is, het ek die winkel se naam verander na Henning&Co. Die mense vra my toe of ek 'n vennoot het. Ek sê toe: Ja, julle ma was die “company!" Sy het dan ook die damesafdeling van die winkel blykbaar baie effektief bestuur.

Later het John die plaas Confluence gekoop - 'n verwaarloosde plaas met 'n vervalle huis. Deur die jare het hy en sy vrou, Aletta die plaas met goeie sorg en bestuur tot 'n spogplaas opgebou. Die uitgetrapte veld het herstel en die erosieslote is opgevul. In die plek van die vervalle huis is 'n mooi sandsteenklip huis gebou. Die werf is omskep in 'n landskap met grasperke, terrasse, bome en struike en 'n tennisbaan waar vriende dikwels oor naweke gekuier het. Later het hy nog twee plase aangekoop.

John was ook nou betrokke by die gemeenskap van Maclear. Sy winkel is oorgeneem deur die landboukoöperasie maar hy en Aletta het aangebly as direkteure. Hy was ook baie aktief betrokke by die kerk as kerkraadslid en sondagskoolorganiseerder.

Dit was vir sy gesin 'n swaar slag toe hy op 57 jarige ouderdom aan kanker oorlede is. Hulle het as gesin na sy dood egter geen finansiele gebrek gely nie, aangesien hy sy vrou agtergelaat het met 'n plaas sonder skuld en nuwe voertuie en implimente. Aletta, wat altyd gedeel het in sy boerdery, het besluit om met die boerdery voort te gaan totdat sy seun (ook John Brown) wat 12 jaar oud was tydens sy dood, die boerdery kon oorneem.

John Brown was 'n suksesvolle besigheidsman, maar sy kinders onthou hom as 'n mens met 'n sagte hart wat dikwels hulp verleen het waar daar nood was. Hy het sy werkers met respek behandel en goeie verhoudings met hulle gehandhaaf.
Voorgeslagte
/¯¯ Gert Frans Henning
/¯¯ Olivier Johannes Gerhardus Cornelis Henning
\__ Gerbreg Leviena Olivier
/¯¯ Gert Frans Henning
/¯¯ Jan Kotze
\__ Cornelia Susanna Kotze
\__ Martha Johanna Elizabeth Riekert
John Brown Henning
/¯¯ {mvvName}
/¯¯ {mvName}
\__ {mvmName}
\__ Susannah Catharina Maartens
/¯¯ {mmvName}
\__ {mmName}
\__ {mmmName}
V = Vader  |  M = Moeder
Nageslagte
John Brown Henning a2.b7.c8.d5.e7.
    Johanna Christina Henning  a2.b7.c8.d5.e7.f1.
    Susanna Catharina Henning  a2.b7.c8.d5.e7.f2.
    Laetitia Henning  a2.b7.c8.d5.e7.f3.
        Mauritz De Kock  
        John-Henning De Kock  
        Hugo De Kock  
        Aletta Maria De Kock  
    John Brown Henning  a2.b7.c8.d5.e7.f4.
        John Brown Henning  a2.b7.c8.d5.e7.f4.g1.
        Jan Hendrik Nicolaas Henning  a2.b7.c8.d5.e7.f4.g2.
Fotos

Die kinders van b7.c8.d5. Gert Frans Henning * 22-9-1864 en sy vrou Susannah Catharina (gebore Maartens). Voor v.l.n.r.: Cornelia Susanna (Pagel) * 29-7-1907 en Elizabeth Magdalena (Marais)* 25-9-1904. Middel: Philipe Daniël * 7-5-1898, Gert Frans * 9-1-1894, Hendrik Joachim * 5-2-1892 en Olivier Johannes * 16-4-1890. Agter: Cecil Andrew * 14-12-1915, Josef Larmor * 25-11-1912, John Brown * 17-8-1902 en Robert Mathys Daniël * 22-6-1900
Beskou lys van mense op foto


b7.c8.d5. Gert Frans Henning *10-9-1864, sy vrou Susannah Catharina (Sannie) (gebore Maartens) en die eerste agt van hulle elf kinders. Heel agter: e1 Olivier Johannes (Tok) *16-4-1890. Middel: e4. Adriaan Lourens (Adriaan) *4-11-1895, vader Gert, e3. Gert Frans (Frans) *9-1-1894, e2. Hendrik Joachim (Hendrik) *5-2-1892. Voorste ry: e6. Robert Mathys Daniël (Bob) *22-6-1900, e7. John Brown (John) *17-8-1902, e8. Elizabeth Magdalena (Bettie) *29-9-1904, moeder Sannie. Heel voor: e5 Filipe Daniël (Daantjie) *7-5-1898
Beskou lys van mense op foto