Nicolaas Henning |
Voorgeslagte |
Nageslagte |
Foto(s)
|
Genealogiese no. |
|
a2.b1.c3.d7.e9.f6. |
Voorname |
|
Nicolaas |
Van |
|
Henning |
Geslag |
|
Manlik |
Vader |
|
Nicolaas Johannes Henning |
Moeder |
|
Hester Sophia Steyn |
# ste kind van vader |
|
6 |
Noemnaam |
|
Klasie |
Geboortedatum |
|
1918-4-10 |
Geboorteplek |
|
Zastron |
Doopdatum |
|
|
Doopplek |
|
|
Sterfdatum |
|
2013-5-21 |
Sterfplek |
|
Pretoria |
|
|
|
Geskiedenis |
Sy noemnaam is Klasie. Hy word groot op die ou geskiedkundige plaas "Het Kamp" in die Zastron distrik. Na sy skoolopleiding in Zastron begin Klasie werk by die SA Spoorweë. Weens sy pa se siekte, keer hy terug na Het Kamp, om sy pa by te staan. Sy pa was vir 13 jaar lank bedlêend en in hierdie tyd het Klasie na hom omgesien. Intussen is Klasie getroud met Idelette Pansegrouw, jongste dogter van Eerwaarde J J Pansegrouw van Zastron. Nadat Klasie se pa in 1955 oorlede is, verhuis hulle na Pretoria en gaan boer daarna vanaf 1961 in die Groblersdaldistrik op die plaas Bloempoort. Hy en sy vrou tree terselfdertyd in diens van die Philhedelphia Sendinghospitaal. Nadat beide hulle dogters hul universiteitsopleiding voltooi het, aanvaar Klasie en Idelette 'n oorplasing na die Departement van Gesondheid se kantore in Pretoria, waar hy twee keer afgetree het.
|
|