Geskiedenis |
Petrus Johannes gaan gedurende die Tweede Vryheidsoorlog op kommando. Teen die einde van die oorlog, was dit hy wat tydens ’n vergadering wat onder die Boere gehou is, op ’n wa gespring en uitgeroep het: "Generaal, ons rebelleer. Ons veg tot die laaste man." Die rebelle-offisiersraad, onder voorsitterskap van Genl CR de Wet het hom as rebel kommandant aangestel. Hy is egter mettertyd deur die Britse magte gevang en te Kimberley in die tronk gesit. Petrus Johannes en sy eerste eggenote het ook die smart deurgemaak om drie van hulle kindertjies (f4., f6. en f7.) in konsentrasiekampe aan die dood af te staan. In die Orange River Colony Government Gazette van 18-10-1901, p.573 word aangedui dat hulle op daardie stadium te Divandale, Brits Bechuanaland gewoon het.
|
|