Petrus Johannes Henning
 Voorgeslagte |  Nageslagte |  Foto(s)
Genealogiese no.  a2.b1.c1.d6.e2.f2.g3.
Voorname  Petrus Johannes
Van  Henning
Geslag  Manlik
Vader  Pieter Willem Van Heerden Henning
Moeder  Anna Magretha Boshoff
# ste kind van vader  3
Noemnaam  Hentie
Geboortedatum  1926-3-15
Geboorteplek  Vryheid
Doopdatum  
Doopplek  
Sterfdatum  2007-11-12
Sterfplek  George
Huwelike
No. Naam Datum Plek Nota
1 Delène Maria Magdalena Naude  1950-10-10  Vryheid  geskei 1979
2 Ananda Eksteen       
Kinders
No. Naam Geslag Ander ouer Geboortedatum Sterfdatum
1 Pieter Dawid Henning Manlik  Delène Maria Magdalena Naude  1952-9-28  
2 Anne-Mari Henning Vroulik  Delène Maria Magdalena Naude  1954-3-26  
3 Petrus Johannes Henning Manlik  Delène Maria Magdalena Naude  1955-10-15  
Geskiedenis
Hentie Henning, 81 jarige hopsboer en beesboer van Geelhoutboom distrik, het groot geword in Vryheid, Natal en vir baie jare het hy by die destydse Windmeul Kunsmis gewerk.
Soos hy van plaas tot plaas gereis het, het Hentie met sy joviale persoonlikheid baie vriende gemaak. Self het hy vir baie jare in die Babanango distrik geboer. Sy passie en kennersoog vir sy Hereford beeste was
alom bekend en saam met sy werkers, Naftalie en Kwesh, het hulle die boerdery op die plaas Jakkalsdans geniet.
Hentie het vir jare in die Noord Kaap en Wes Transvaal aan die bestuur gestaan van die Triomf Kunsmis verkoopsspan. Van Rustenburg tot in Vryburg het hy boeredae bygewoon, kunsmis verkoop en spesiale vriende gemaak.
Sy bekende groet “ Hallo my ou maat” sal sy vriende nooit vergeet nie.
Die afgelope 30 jaar het Hentie Henning geboer in die Geelhoutboom distrik. Op die plase Highbury en Klynefontein het hy hops verbou en weereens met beeste geboer. Hy was ook vir jare ‘n ywerige ontwikkelaar.
Hentie het die gawe gehad om die potensiaal van ‘n stuk landbougrond teen ‘n dorp raak te sien. Hy het dan die grond “ryp” gemaak, deur al die prosesse van dorpstigting gevat en uiteindelik spogerwe verkoop.
Highbury en Croydon in Kaapstad en die bekende Island View in Mosselbaai getuig hiervan.
Hentie was joviaal, by tye baie ernstig en soms kwaai, maar nooit het hy kwaad gebly nie, baie reguit in besigheid en jy het altyd geweet waar jy met hom staan. Daar was nie vir Hentie goed soos “grys areas” nie.
Miskien die belangrikste van Hentie Henning was sy besondere intieme verhouding met die Here. Hy het nie geskroom om in die publiek die Here se naam te loof en Hom te prys nie. Hy was dikwels betrokke by verskeie
“manne kampe” en het nooit geskroom om enigeiets by te dra of te doen wat sou bydra tot die inkeer van siele vir die koningkryk nie.
In September 2003 het hy ‘n massiewe beroerte gekry en is hy die daaropvolgende 4 jaar, tot en met sy dood, in Littleton Frail Care uitstekend versorg.
Voorgeslagte
/¯¯ Johannes Stephanus Gerhardus Henning
/¯¯ Petrus Johannes Henning
\__ Magdalena Josina Jorelina Scheepers
/¯¯ Pieter Willem Van Heerden Henning
/¯¯ {vmvName}
\__ Anna Maria Sophia Van Heerden
\__ {vmmName}
Petrus Johannes Henning
/¯¯ {mvvName}
/¯¯ Jacobus Nicolaas Boshoff
\__ {mvmName}
\__ Anna Magretha Boshoff
/¯¯ {mmvName}
\__ Anna Margaretha Van Den Bergh
\__ {mmmName}
V = Vader  |  M = Moeder
Nageslagte
Petrus Johannes Henning a2.b1.c1.d6.e2.f2.g3.
    Pieter Dawid Henning  a2.b1.c1.d6.e2.f2.g3.h1.
        Moritza Henning  a2.b1.c1.d6.e2.f2.g3.h1.i1.
        Pieter Dawid Henning  a2.b1.c1.d6.e2.f2.g3.h1.i2.
        Deléne Henning  a2.b1.c1.d6.e2.f2.g3.h1.i3.
    Anne-Mari Henning  a2.b1.c1.d6.e2.f2.g3.h2.
        Marno Nagtegaal  
        Samantha Jane Nagtegaal  
    Petrus Johannes Henning  a2.b1.c1.d6.e2.f2.g3.h3.
        Lydia Monique Henning  a2.b1.c1.d6.e2.f2.g3.h3.i1.
Fotos

b1.c1.d6.e2.f2.g3. Petrus Johannes (Hentie) Henning * 15-3-1926
Beskou lys van mense op foto