Geskiedenis |
Jan word as enigste seun groot op die plaas Doorndraai, distrik Koppies. Na skool sluit hy by die Poskantoor se Ingenieursdepartement aan en ontvang sy opleiding by die destydse Baragwana-opleidingsentrum. Na sy troue gedurende 1954 met Magriet Bezuidenhout vestig hulle hul te Koppies. Gedurende 1955 word ’n tweeling vir hulle gebore en gedurende 1958 word hulle na Parys verplaas, waar hul derde kind, hul dogter Elizabeth, gebore word. In 1964 word hulle na Vredefort verplaas, waar hulle steeds woon. Jan slaag gedurende 1972 matriek, nadat hy deur middel van korrespondensie studeer het. Na ’n hartaanval gedurende Julie 1986, tree hy gedurende Januarie 1988, na 37 jaar diens by die poskantoor, met vervroegde pensioen uit diens.
|
|