Paul Roebuck Henning
 Voorgeslagte |  Nageslagte |  Foto(s)
Genealogiese no.  a2.b7.c5.d7.e2.f1.g1.
Voorname  Paul Roebuck
Van  Henning
Geslag  Manlik
Vader  Cosmo Grenville Henning
Moeder  Joyce Roebuck
# ste kind van vader  1
Noemnaam  Paul Roebuck
Geboortedatum  1963-4-9
Geboorteplek  Graaff-Reinet
Doopdatum  
Doopplek  
Sterfdatum  
Sterfplek  
Huwelike
No. Naam Datum Plek Nota
1 Ekaterina Kosmaenko  2002-2-19  Saratov, Rusland   
Kinders
No. Naam Geslag Ander ouer Geboortedatum Sterfdatum
1 Kaylen Paul Henning Manlik  Ekaterina Kosmaenko  2003-1-19  
2 Wesley Paul Henning Manlik  Ekaterina Kosmaenko  2004-8-20  
3 Ekaterina Olgevina Henning Vroulik  Ekaterina Kosmaenko  1992-4-15  
Geskiedenis
Paul Roebuck Henning is Mede-Professor in Noodgeneeskunde by die Universiteit van Suid-Alabama in die Verenigde State van Amerika. Hy tree ook op as Mediese Direkteur by die "Orange Beach Fire Department".

Sy pa het hom reeds in die 1980’s beinvloed om sy studies in die VSA te behaal, omdat hy toe reeds voorspel het dat dinge in Suid-Afrika baie gaan versleg. Paul het dus by verskeie universiteite in die VSA aansoek vir toelating gedoen. Weens die verswakkende waarde van die Rand was meeste onbekostigbaar, maar hy is in 1986 by die Universiteit van Suid-Alabama in Mobile aanvaar om ‘n Baccalaureus graad in Natuurwetenskappe, met paramediese studies te volg. In 1988 behaal hy die graad Baccalaureus in Natuurwetenskap (B.S) cum laude.

Hierna slaag hy in die kwalifiserende “EMT-Paramedics” eksamen in Alabama. Tydens sy voorgraadse studies het hy saam met Newmans Ambulance in Mobile, Alabama gewerk, totdat hy as paramedikus gegradueer het. Hy word toe as brandmedikus aanvaar en werk vanaf 1989 saam met Prichard Brandweer. Hy ondergaan verdere opleiding by Tuscaloosa Fire College.

In 1990 word hy oorgeplaas na Mobile Fire Rescue (MFR) en voltooi bykomende opleiding vir brandweerskole. Hy het tot 1992 as paramedikus en brandweerman gewerk. Tydens sy diens by MFR het hy in 1990 vir 'n M-graad (M.Sc.) ingeskryf en sy studies in 1992 voltooi met hoofvakke Biochemie en Fisiologie. In 1992 word hy by die St George's University School of Medicine (N.Y) aanvaar. In 1996 behaal hy sy doktorsgraad in geneeskunde (MD).

In 1995 word hy 'n Amerikaanse burger en word in 1997 aanvaar vir spesialisopleiding in noodgeneeskunde aan die Weill Medical University-Cornell, N.Y. Na vier jaar gradueer hy as 'n spesialis in noodgeneeskunde.

Hy is in 2002 'n akademiese pos aan die Universiteit van Inselspital, Bern, in Switserland aangebied as Noodoperasie-behandelende geneesheer. Hy bedank in 2005 en keer terug na die VSA.

Hy werk vir agt maande in Redding, Kalifornië en skuif daarna na die Sacred Heart Hospital, Pensacola, Florida as behandelende geneesheer in noodgeneeskunde. Hier werk hy tot 2018. Hy is ook aangestel as kliniese assistent-professor in noodgeneeskunde by die Florida State University (FSU) waar hy in 2017 bevorder word tot kliniese medeprofessor.

Afgesien van die Sacred Heart Hospital, is hy in 2015 aangestel as mediese direkteur vir openbare veiligheid vir Escambia County, mediese direkteur van Pensacola Fire Department en Medical Director vir Escambia Corrections.

In 2018 bedank hy om voltydse noodgeneeskunde aan die Universiteit van Suid-Alabama aan te bied. Sy posbenaming: Programdirekteur en medeprofessor van die Opleidingsprogram vir noodgeneeskunde by die Universiteit van Suid-Alabama.

Paul is 'n genoot van die American College of Emergency Physicians (FACEP) en 'n genoot van die American College of Academic Emergency Physicians (FAAEM). Hy is ook 'n lid van die American College of Health Care Executives (ACHE).

In 2002 besoek hy Rusland en trou op 19-2-2002 te Saratov, Rusland met Ekaterina Kosmaenko. Paul en sy vrou, Ekaterina het met hul terugkeer na die VSA hulle huwelik op 15-4-2002 te Little Rock, Arkansas herbevestig.










Voorgeslagte
/¯¯ Pieter Barend Henning
/¯¯ Cecil Redvers Henning
\__ Susanna Magdelina Henning
/¯¯ Cosmo Grenville Henning
/¯¯ Samual Rudman
\__ Sylvia Maud Rudman
\__ Sarah Johanna Coetzee
Paul Roebuck Henning
/¯¯ {mvvName}
/¯¯ Charles Edward Roebuck
\__ {mvmName}
\__ Joyce Roebuck
/¯¯ {mmvName}
\__ Annie Gertrude Clayton
\__ {mmmName}
V = Vader  |  M = Moeder
Nageslagte
Paul Roebuck Henning a2.b7.c5.d7.e2.f1.g1.
    Kaylen Paul Henning  a2.b7.c5.d7.e2.f1.g1.h1.
    Wesley Paul Henning  a2.b7.c5.d7.e2.f1.g1.h2.
    Ekaterina Olgevina Henning  a2.b7.c5.d7.e2.f1.g1.h3.
Fotos

a2.b7.c5.d7.e2.f1,g1, Prof Paul Roebuck Henning van die Universiteit van South Alabama in die VSA
Beskou lys van mense op foto