Die familie trek vanaf die Vrystaat na Venterdorp waar hulle hul vestig op die plaas Roodekop. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog 1899 -1902 dien hy onder Genl Cronje en word op 23-2-1900 in sy regterarm gewond tydens gevegte by Modderrivier aan die Wesfront (Kimberley en omgewing). Hy word op 27-2-1900 tydens die slag van Paardeberg krygsgevangene geneem en te St Helena aangehou.